Misdaad-slagoffers al meer aan brand gesteek in Wes-Kaap - February 10, 2025

Die Wes-Kaapse polisie het kommer uitgespreek oor geweldsmisdade in die provinsie, en veral die neiging om slagoffers aan die brand te steek. Die afgelope paar dae is meer as tien mense doodgeskiet en talle gewond. In Philippi-Oos is vyf mense in een voorval vermoor. Die provinsiale polisiekommissaris, Thembisile Patekile, sê die toename in geweldsmisdaad is […]

Read More

Maak gewere stil in Afrika, vra oud-verdedigings-attaché - February 10, 2025

Lesotho se afgetrede Verdedigings-attaché by die Afrika-unie, Tefo Nkeli, versoek Afrika-leiers om dringend gewere stil te maak op die hele vasteland. Hy benadruk Afrika se hulpbronne moet nie ‘n vloek vir sy mense word nie. Nkeli vra vrede en samewerking in die nasleep van die voortslepende konflik in die Demokratiese Republiek die Kongo om te […]

Read More

Proteas se Breetzke stel nuwe eendagrekord op - February 10, 2025

Krieket: Aanvangskolwer Matthew Breetzke het 150 lopies aangeteken, die hoogste deur enige kolwer nog in sy eerste beurt in internasionale eendagkrieket. Suid-Afrika het 304 vir 6 behaal teen Nieu-Seeland in die driehoekige reeks in Pakistan. Die 26-jarige se briljante kolfbeurt van net 148 balle het die Proteas se beurt geanker nadat hulle in Lahore ingestuur […]

Read More

Opknapping van Katutura-hospitaal ‘gesamentlike poging’ - February 10, 2025

Die opknapping van die Katutura-hospitaal is reeds 10 maande agterstallig na die projek 40 miljoen Namibiese dollar toegeken is. Die werke-ministerie het ook nog nie ‘n konsultant aangestel om die teaters te ontwerp nie, wat volgens berigte vervalle is. Die toestande is uiters ongunstig genoem deur die hospitaal se superintendent, dr. Nelago Amagulu. Kosmos 94.1 […]

Read More

ActionSA eis ingryping met korrupsie by werkersfondse - February 10, 2025

ActionSA sê hy gaan aan arbeidminister Nomakhosazana Meth skryf en eis dat daar dringend ingegryp word by die ongebreidelde korrupsie en wanbestuur by die Vergoedingsfonds en die Werkloosheidsversekeringfonds. Die fondse is verantwoordelik vir ʼn gesamentlike jaarlikse inkomste van 46-miljard-Suid-Afrikaanse rand. ʼn ActionSA-woordvoerder, Alan Beesley, sê sommige van die Ouditeur-generaal se bevindings oor die fondse sluit […]

Read More

Iran sê Trump wil land op sy knieë dwing - February 10, 2025

Die Iranse president, Masoud Pezeshkian, beskuldig sy Amerikaanse ampsgenoot, Donald Trump, daarvan dat hy probeer om Iran “op sy knieë” te dwing, terwyl die land die 46ste herdenking van die Islamitiese revolusie vier. Iraniërs het van vroegoggend in openbare ruimtes regoor die land met popliedjies en patriotiese ballades begin bymekaarkom, om die stigting van die […]

Read More

Universal se Dog Man boaan Noord-Amerikaanse lokettreffer-lys - February 10, 2025

Universal en DreamWorks Animation se Dog Man was die naweek boaan die Noord-Amerikaanse trefferlys by kaartjiekantore. Die fliek oor ’n polisiebeampte wat tydens ’n operasie een word met sy getroue hond nadat hy aan diens beseer is, het Pete Davidson, Poppy Liu en Ricky Gervais in die hoofrolle. Spyglass Media Group se riller-romantiese komedie, Heart […]

Read More

IPPR hamer op deursigtigheid in olie en gas - February 10, 2025

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het ‘n inligtingsessie gehou oor die Deursigtigheidsinisiatief in die onttrekkingsbedryf, of mynbedryf, waarvan Namibië nog nie lid is nie. Die inisiatief bevorder die oop en verantwoordbare bestuur van olie, gas en minerale hulpbronne. Graham Hopwood, die direkteur van die IPPR, beklemtoon die belangrikheid van die inisiatief.

Read More

TLU SA sê herrie met Trump is ANC se eie skuld - February 10, 2025

Die landbou-organisasie TLU SA sê die ANC se transformasie-agenda het gelei tot die geleidelike uitsluiting van sekere groepe in die arbeidsmag en ekonomiese geleenthede. Verlede Vrydag het die Amerikaanse president Donald Trump beveel dat finansiële hulp aan Suid-Afrika gestaak word weens die land se onteieningsbeleid. Hy het ook toevlug vir Afrikaners gebied. Bennie van Zyl […]

Read More

Oorskot van 50 migrante in Libië ontdek - February 10, 2025

Libiese owerhede het volgens amptenare vandeesweek byna 50 lyke uit twee massagrafte in die land se suidoostelike woestyn gevind. Migrante se massagrafte is nie ongewoon in Libië nie. Verlede jaar het owerhede die liggame van minstens 65 migrante, 350 kilometer suid van die hoofstad, Tripoli, opgegrawe. Libië is die belangrikste deurgangspunt vir migrante uit Afrika […]

Read More