SA taxibedryf eis ingryping oor hoë brandstofpryse - July 19, 2022

Die taxibedryf in Suid-Afrika eis die staat se ingryping om die hoë brandstofpryse hok te slaan. Woedende operateurs sê die onlangse verhogings het ‘n tol op die sektor geëis. Hulle dreig nou om die land tot stilstand te dwing omdat hulle sê hulle het geen reaksie ontvang op ‘n brief wat hulle vier weke gelede […]

Read More

Nóg ‘n FIA-besoek laat gissings ontstaan oor Formule 1 se terugkeer na SA - July 19, 2022

Motorsport: ‘n Sekondêre afvaardiging van die internasionale beheerliggaam, die FIA, se besoek aan Suid-Afrika lei tot verdere gissings oor Formule Een se terugkeer na die land. Die afvaardiging sluit in F1 se hoof van voertuig-prestasie, Craig Wilson, die direkteur van sport, Steve Nielsen, en die hoof-ingenieur, Richard Springett. Hulle gaan die Kyalami-renbaan in Gauteng inspekteer […]

Read More

IPPR: Ontdekking van olie en gas gaan ekonomiese beleidsgevolge hê    - July 19, 2022

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing sê die ontdekking van kommersieel beduidende hoeveelhede olie en gas sal groot gevolge vir Namibië en baie aspekte van ekonomiese beleid hê. Dit sluit in belasting, inkomste en uitgawes, valuta, ekonomiese diversifikasie, plaaslike eienaarskap, korrupsie en lidmaatskap van belangrike internasionale organisasies. Daar is ‘n groot verskeidenheid ervarings, binne Afrika en […]

Read More

Ministerie van myne en energie hou inligtingsessie op Walvisbaai - July 19, 2022

Die Namibiese ministerie van myne en energie nooi die inwoners van Erongo-streek uit na sy inligtingsessie Vrydag op Walvisbaai. Die ministeriële afvaardiging onder leiding van die minister Tom Alweendo sal ‘n terugvoering gee oor die ontluikende geleenthede in die mynbou- en energiebedryf, die twee olie-ontdekkings en die posisie van Namibië se groen waterstof-projek. Die vergadering […]

Read More

Ramaphosa moet Phala Phala-vrae binne sewe dae beantwoord - July 19, 2022

President Cyril Ramaphosa is gedwing om die Openbare Beskermer van antwoorde te voorsien op vrae oor die diefstal van miljoene Amerikaanse dollar in kontant op sy plaas, Phala Phala, in Limpopo, nadat sy versoek vir nog ‘n verlenging van die sperdatum geweier is. Die kantoor ondersoek bewerings dat Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode oortree het. […]

Read More

DA: Hef invoerbelasting op elektriese voertuie op - July 19, 2022

Die DA glo dit is tyd om invoerbelasting op elektriese voertuie op te hef, wat tans 25 persent beloop. Die party sê ook die departement van handel, nywerheid en mededinging se Groenskrif oor die Motorbedryf wat in Mei verlede jaar gepubliseer is, moet in werking gestel word. Dean Macpherson van die DA sê die koste […]

Read More

Namibiese publiek uitgenooi na virtuele begrotingsoorsig - July 19, 2022

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid nooi die publiek uit na ‘n virtuele middel-termyn begrotingsoorsig Donderdag met die ministerie van finansies. Die begroting is die belangrikste en mees deurslaggewende instrument in die land se ontwikkelings-agenda, aangesien dit ‘n duidelike aanduiding gee van hoe die land se beperkte hulpbronne toegewys gaan word. Openbare betrokkenheid by […]

Read More

Kragonderbreking Vrydag vir gebiede oos van Windhoek  - July 19, 2022

Nampower het aangekondig dat gebiede oos van Windhoek soos Finkenstein, Otjihase-myn, Kappsfarm, Bismarck, Sungate, Witvlei, die Omaheke-streeksraad, Otjinene, Drimiopsis en Seeis en Seeis-Noord en Dordabis Vrydag kragonderbrekings vanaf agt-uur tot nege-uur die oggend sal hê. Nampower maan in ‘n mediaverklaring dat kragvoorsiening sonder aankondiging weer aangeskakel sal word.  

Read More

Openbare Beskermer wil Ramaphosa dagvaar oor Phala Phala - July 19, 2022

Die Openbare Beskermer in die buurland het President Cyril Ramaphosa se versoek geweier vir meer tyd om te reageer op vrae oor die Phala Phala-voorval. Miljoene dollar is volgens berigte in 2020 op sy plaas in Limpopo gesteel. Die Openbare Beskermer ondersoek bewerings dat Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode oortree het. Die vrae is op […]

Read More

Johannesburg kry swembad van R43 miljoen - July 19, 2022

Stad Johannesburg het die Johannesburgse Ontwikkelingsagentskap aangestel om ‘n swembad ter waarde van 43 miljoen Suid-Afrikaanse rand in Ivorypark te bou. Die kompleks sal multi-funksioneel wees en toekomstige internasionale Olimpiese kampioene raaksien wanneer swemlesse en ‘n veilige omgewing vir inwoners aangebied word. Die burgemeesters-komiteelid vir ontwikkelingsbeplanning, Belinda Echeozonjoku, sê dit sal ‘n positiewe bydrae lewer […]

Read More