
Arbeidersparty sal mosie van vertroue bring as Boris nie gaan nie - July 8, 2022
Die leier van die Britse opposisie, die Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê dat indien die Tories Boris Johnson aanhou as tussentydse premier tot verkiesings later vanjaar sal hy ‘n mosie van vertroue in die parlement bring. Starmer sê Brittanje verdien beter. Daar word verwag dat die Konserwatiewe Party teen Maandag ‘n plan van aksie Maandag […]
Net 5 polisiestasies uit 144 in Gauteng is ‘goed’ - July 8, 2022
Die DA in Gauteng sê die skerp toename in ernstige en gewelddadige misdaad in die provinsie, en ‘n gebrek aan voldoende hulpbronne, het daartoe gelei dat die provinsie se polisiekantore ‘n swak gradering gekry het. Van die 144 polisiekantore in Gauteng, word slegs vyf beskou as uitstekend, vyf as goed, 121 as middelmatig en 12 […]
Konstruksie op Okahandja-verbypad hervat - July 8, 2022
Konstruksie op die verbypad by Okahandja het hervat. Die vordering op die laaste stuk van die A1 het die afgelope tyd stilgestaan as gevolg van uitstaande betalings maar, dit is deur die minister van werke en vervoer, John Mutorwa onlangs opgelos. Kosmos 94.1 Nuus het met Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaie-owerheid oor die […]
SAPS vernietig net meer as 46 000 vuurwapens - July 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het binne ses maande permanent ontslae geraak van 46 592 vuurwapens. Die wapens is in Vanderbijlpark, Gauteng vernietig. Dit was vuurwapens, ammunisie en onderdele van vuurwapens wat in misdaadvoorkoming gekonfiskeer, vrywillig ingedien of aan die staat oorhandig is. Polisie-woordvoerder, Athlenda Mathe, sê voor die vuurwapens vernietig is, is daar eers ballistiese toetse […]
Marburg-virus in Ghana bevestig - July 8, 2022
Ghana sê voorlopige toetse het twee gevalle van die Marburg-virus aangedui en indien dit bevestig word, sal dit die eerste keer wees wat die dodelike virus in die land aangeteken is. Marburg is ‘n hoogs aansteeklike virale hemorragiese koors wat in dieselfde familie is as Ebola. Voorbereidings vir ‘n moontlike uitbreking word getref. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het reeds kundiges ontplooi om […]
Abe is kritiek na skietvoorval - July 8, 2022
Die eerste minister van Japan, Fumio Kishida, het aangekondig die gewese Japanse eerste minister, Shinzo Abe, is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal. Abe is tydens ‘n verkiesingtoespraak in die bors geskiet en ‘n 41-jarige man is in verband daarmee in hegtenis geneem. Na wat berig word is hy ‘n gewese lid van Japan se Maritieme Selfverdedingsmag wat tot ongeveer 2005 drie […]
NEFF-lede sal eerder appelleer teen weiering van borg - July 8, 2022
Die twee omstrede lede van die Namibia Economic Freedom Fighters, Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma, het besluit om eerder hul hoop om borg te bekom op ‘n appèl in die hoërhof te plaas. Die twee het nie ‘n nuwe aansoek by die Katutura-landdroshof gebring nie. Hul regsverteenwoordigers het vroeër gesê hulle sal so aansoek bring […]
Saftu reël groot staking vir Augustus - July 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse vakbond-federasie Saftu sê hy het begin om alle geaffilieerde vakbonde, en ook dié buite die federasie, te betrek om te verenig teen die regering se versuim om die armes te beskerm. Die sekretaris-generaal, Zwelinzima Vavi, sê hulle wil hê Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, en sy hele raad moet verwyder word, […]
Ben Wallace die gunsteling vir eerste minister - July 8, 2022
Die Britse minister van Vervoer, Grant Shapps, en voormalige minister van Gesondheid, Sajid Javid, oorweeg dit glo ernstig om hulself as Tory-leier beskikbaar te stel. Dit volg ná die bedanking van die eerste minister Boris Johnson. ‘n Nuwe opname deur YouGov, het bevind die minister van Verdediging, Ben Wallace, is die gunsteling om die volgende […]
Banyana is deur na kwarteindronde - July 8, 2022
Banyana Banyana is deur na die kwarteindronde van die Afrikanasiesbeker vir vroue in Marokko met nog een wedstryd oor. Suid-Afrika het Burundi gisteraand in hulle Groep C-wedstryd met 3-1 afgeransel. Thembi Kgatlana en Amogelang Motau het in die eerste helfte een doel elk bygedra terwyl Linda Motlhalo in die 53ste minuut met ‘n strafskop geslaag […]