China skort dialoog met VSA op - August 5, 2022

China het vandag aangekondig dat hy dialoog met Amerika op ‘n aantal gebiede staak, insluitend tussen militêre bevelvoerders en oor klimaatgesprekke, weens woede oor Nancy Pelosi, speaker van die Amerikaanse huis van verteenwoordigers, se besoek aan Taiwan. China se ministerie van buitelandse sake het gesê hy skort ook samewerking met Washington op oor die voorkoming van oorgrens-misdaad […]

Read More

Djokovic kan ook nie raket swaai in Montreal - August 5, 2022

Novak Djokovic se inentingstatus beteken dat hy ook nie deel van die tennis-aksie by die komende ATP-toernooi in Montreal, Kanada, sal wees nie. Net soos in Amerika, moet reisigers wat Kanada wil besoek, ook kan bewys dat hulle teen Covid-19 ingeënt is. Eugene Lepierre, toernooi-organiseerder, het juis vroeër gesê die kans is skraal dat Djokovic […]

Read More

Intercape se busse 80 keer vanjaar aangeval - August 5, 2022

Die busmaatskappy Intercape sê hy het in 2022 alleen meer as 80 aanvalle op sy busse aangeteken. Die maatskappy sê dié aanvalle het in 2019 begin en het sedertdien geleidelik toe-ge-neem. Die maatskappy het in 2021, meer as 150 aanvalle op sy busse aangeteken. Namibiërs maak ook van Intercape se busdienste tussen Suid-Afrika, Namibië en […]

Read More

Komm. Naftal Sakaria vat die leisels oor in Oshana - August 5, 2022

Kommissaris Naftal Sakaria, nuut aangestelde Oshana-streekbevelvoerder, hou vanaand ‘n spesiale operasie in die streek. Afgetrede streekbevelsvoerder vir Oshana, kommissaris Rauha Amwele het vandeesweek die amp amptelik aan haar opvolger, kommissaris Sakaria, oorhandig. Sakaria het op 1 Augustus sy nuwe pos ingeneem. Hy is ‘n jarelange lid met 26 jaar ondervinding in die polisie. Voor hierdie […]

Read More

Lesotho-burgers by Marikana vermoor - August 5, 2022

Die polisie in Noordwes het sy teenwoordigheid in die Nkaneng-informele nedersetting in Marikana versterk ná die dood van vier burgers van Lesotho. Die woordvoerder, Sabata Kgwabone, sê ‘n vrou en drie mans is ontvoer en vermoor tydens ‘n misdaad wat vermoedelik gekoppel is aan mynwerkers wat onlangs beroof is ná hulle uitbetalings van hul aandele […]

Read More

SA vroue-bokser deur na halfeindronde - August 5, 2022

Boks: Die Suid-Afrikaanse vroue-bokser Phiwokuhle Mnuguni, wat in Amerika woon, is deur na die halfeindronde van die 54- tot 57-kilogram-afdeling op die Statebondspele in Birmingham. Mnuguni het  Sajeewani Mthuthanthri van Sri Lanka geklop toe die geveg in die derde ronde gestaak is. Die halfeindronde vind môre plaas. Mnuguni sê sy hoop om vir Suid-Afrika te […]

Read More

Telecom Namibia geteister deur kabeldiefstal - August 5, 2022

Telecom Namibia ervaar tans diensonderbrekings in Copper- en Nickelstraat in die Prosperita-nywerheidsgebied. Die onderbreking is weens ‘n voorval van kabeldiefstal by ‘n mangat in Michelle McLeanstraat. Ndapewa Neshila, woordvoerder van Telecom Namibia gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Vakbondman kap staatsvakbonde oor ooreenkoms - August 5, 2022

Die adjunk-sekretaris-generaal van die Staatsdiens-unie van Namibië, Ujama Kaahangoro, het vandag na die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie, Nantu, en Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu gekap en hulle daarvan beskuldig dat hulle versuim het om staatsamptenare regverdig te verteenwoordig om ‘n salarisverhoging en ander voordele te beding. Dit is nadat Napwu en Nantu ‘n ooreenkoms met die […]

Read More

Raadslid van Aminius: G’n sprak oor boorwerk - August 5, 2022

‘n Raadslid vir die Aminuis-kiesafdeling in die Omaheke-streek, Peter Kazongominja, het by sy gemeenskap aangesluit om die vooruitsigte van uraan-ontginning in die gebied aan die kaak te stel. Dit volg op die onlangse boor van boorgate deur Headsprings Investments by die Okahiokavapa- en Omurambauondjombo-nedersettings in die streek. Kazongominja het aan plaaslike media gesê hoewel die […]

Read More

SA ly verlies van R7 miljard weens onwettige mynbou - August 5, 2022

Die Suid-Afrikaanse regering het ‘n jaarlikse finansiële verlies van sowat 7 miljard Suid-Afrikaanse rand weens onwettige mynbou gely. ‘n Professor in strafreg, Jéan Steyn, sê dit is gelykstaande aan ‘n basiese inkomste-toelaag van 350 rand aan 20 miljoen Suid-Afrikaners. Hy het ondoeltreffende misdaadintelligensie en swak polisie-ingrypings die skuld gegee vir die toename in onwettige mynbou […]

Read More