Indongo Toyota waarsku oor slenter - August 5, 2022

Die Indongo Toyota-span is in kennis gestel van vals boodskappe wat op verskillende sosiale media-platforms sirkuleer en sê jy kan geld wen in ‘n Indongo Toyota SMS-kompetisie. Robin Bronkhorst die Indongo Toyota-groep se bemarkingskoördineerder sê aan Kosmos 94.1 Nuus luisteraars word aangeraai om nie aan sulke kompetisies deel te neem nie, aangesien dit ‘n bedrogspul […]

Read More

All Blacks kuier in die Kruger-wildtuin - August 5, 2022

Rugby: Die All Blacks het tyd afgeneem voor môre se toets teen die Springbokke om die Kruger-wildtuin in Mpumalanga te besoek. Die spelers sê hulle tyd in die wildtuin was ‘n spesiale ervaring. Hulle het rooibokke, kameelperde, olifante en sebras gesien. Hulle het ook van aangesig tot aangesig gekom met die wilde weergawe van die […]

Read More

SA polisieminister lei misdaadbekampings-imbozo - August 5, 2022

Die Suid-Afrikaanse ministerie van polisie lei môre ‘n ministeriële misdaadbekampings-imbizo in Krugersdorp, Gauteng, om aandag te gee aan onwettige mynbedrywighede en misdaad. Dit is dieselfde omgewing waar agt jong vroue verlede week die slagoffers van ‘n groepsverkragting was. Die polisie het meer as 80 onwettige mynwerkers gearresteer, wat reeds in die hof verskyn het. DNS-verslae […]

Read More

Okahao-distrikshospitaal kry nuwe geriewe van N$225 miljoen - August 5, 2022

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, het amptelik die buitepasiënt-afdeling, ongevalle-eenheid, sowel as die Covid-isolasie-eenheid by die Okahao-distrikshospitaal in die Omusati-streek ingehuldig. Die nuutgeboude buitepasiënt-afdeling, wat die ongevalle-afdeling en hoogs aansteeklike siekte isolasie-fasiliteit insluit, is deur die regering befonds as deel van sy gesondheidsorg-uitbreidingsplan in die streek. Dit is teen 219,7 miljoen Namibiese dollar gebou, […]

Read More

Swendelaars gebruik vissery-minister se naam - August 5, 2022

Derek Klazen, die Namibiese minister van visserye, waarsku die publiek teen ‘n telefoon-bedrogspul waar bedrieërs beweer dat hulle hy is en geld van niksvermoedende individue vra. Tydens die pandemie het misdadigers hul metodes aangepas om slagoffers se vrese oor die Covid-virus uit te buit, en nou vind nou nuwe swendel-maniere in die swaar ekonomiese tye […]

Read More

Brit steek sy buurman dood oor motorfiets-lawaai - August 5, 2022

‘n Britse man sal later gevonnis word nadat hy skuldig bevind is aan moord, ná hy sy buurman doodgesteek het tydens ‘n woordewisseling oor die geraas van ‘n motorfiets. Die 48-jarige Jamie Crosbie het die 41-jarige Dean Allsop 17 keer gesteek omdat Allsop se seun, Mikey, die motorfiets se enjin te hard na sy sin […]

Read More

All Black-vleuel opgewonde om teen Bokke te speel - August 5, 2022

Rugby: Die All Blacks is onder druk nadat hulle vier van hulle afgelope vyf toetse verloor het, insluitend hul eerste reeks-nederlaag teen Ierland ooit op hulle tuisveld. Hulle speel môre in Mbombela teen die wêreldkampioen-Springbokke in die openingswedstryd van die Rugby-kampioenskap. Nieu-Seeland is die eerste keer in vier jaar in Suid-Afrika en baie van die […]

Read More

SANParke open besprekingskantoor in Soweto - August 5, 2022

SANParke het hul heel eerste besprekingskantoor in Soweto in die gewilde Vilakazi-straat geopen. Die hoof van kommunikasie by SANParke, Reynold Thakhuli sê SANParke wil hulself as dié plaaslike vakansiebestemming in Suid-Afrika vestig. Hy sê die huidige generasie van park-liefhebbers word al hoe ouer en hulle moet nuwe innoverende maniere vind om die jonger generasie opgewonde […]

Read More

Okakara Handelskou vind in September plaas - August 5, 2022

Meer as 500 000 Namibiese dollar in kontant is tydens ‘n galadinee ingesamel om fondse vir die Okakarara Handelskou in te samel. Die handelskou, wat vir die afgelope twee jaar opgeskort is weens die Covid-pandemie, sal van 5 tot 10 September by die Okakarara-handelskousentrum plaasvind. Altesaam 135 stalletjies sal by die handelskou opgerig word wat […]

Read More

Heldedag word op Mariental herdenk - August 5, 2022

Die Namibiese inligtingsministerie het aangekondig dat Heldedag op 26 Augustus vanjaar op Mariental in die Hardap-streek gevier sal word. Dit sal die eerste Heldedag-vieringe wees sedert die Covid-pandemie en die vakansiedag is in 2019 laas op Otjiwarongo in die Otjozondjupa-streek herdenk. Heldedag word herdenk ter ere van die mense wat vir die vryheid van die […]

Read More