
Nampol waarsku oor indiensneming van Angolese kinders - July 8, 2022
Die Namibiese polisie in die Omusati-streek het ‘n streng waarskuwing uitgereik teen Namibiërs wat minderjarige onwettige immigrante van Angola in diens neem. Inspekteur Anna Kunga van Nampol sê dit is gelykstaande aan mensehandel. Sy sê dat minderjarige Angolese seuns en meisies óf as veewagters, huiswerkers óf as arbeiders in diens geneem word, en hulle word […]
Zimbabwe begin ook boor vir olie - July 8, 2022
Zimbabwe is gereed om volgende maand te begin met die boor van olie ná die aankoms van die eerste groep boortoerusting in die land. Voornemende boorwerk vir olie en gas in die Muzarabani-gebied was aanvanklik vir Junie vasgestel, maar moes uitgestel word weens vertragings in doeane-uitklaring vir die boortoerusting in Tanzanië, waar die toerusting gemobiliseer […]
Lughawewerkers in Parys beëindig hul staking - July 8, 2022
Lughawewerkers in die Franse hoofstad Parys het vandag hulle staking beëindig nadat die bestuur ingestem het tot ‘n salarisverhoging van drie persent. Dit is in ooreenstemming met ‘n soortgelyke ooreenkoms vir die spoorweë vroeër die week. Die staking het gedreig om tot Sondag te duur en sou die besige reisprogram oor die naweek aan die […]
DA: R60 miljoen nodig om park in KwaZulu-Natal op te knap - July 8, 2022
Die DA in KwaZulu-Natal sê meer as 40 miljoen Suid-Afrikaanse rand en minstens 20 miljoen rand se bedryfskoste moet dringend gevind word om die toekoms te verseker van Ezemvelo KZN Wildlife se vlagskip-reservaat, die Hluhluwe-Imfolozi-park. Heinz de Boer van die DA sê die party het tydens ʼn oorsig-inspeksie van die Bewaringsportefeuljekomitee bevind feitlik die hele […]
Nahas Angula sê Namibië rou saam met Angola - July 8, 2022
Die voormalige Namibiese eerste minister Nahas Angula het gereageer op die afstwerwe van die voormalige Angolese President, José Eduardo dos Santos. Hy het vanoggend in die ouderdom van 79 in ‘n hospitaal in Barcelona, Spanje gesterf het. Angola het vyf dae van rou afgekondig, wat vandag begin. Dos Santos het Angola vanaf 1979 vir byna […]
Zimbabwiese ekonoom ook bekommerd oor sy land se ekonomie - July 8, 2022
‘n Zimbabwiese ekonoom reageer op die kommer van die Konfederasie van Zimbabwiese Nywerhede wat sê die land se valuta loop die risiko om verwerp te word as weghol-inflasie nie gestuit word nie. Dit volg nadat beleids-ingrypings oor die afgelope ses maande nie daarin kon slaag om die land se plaaslike geldeenheid te beskerm nie. Die […]
Agri-Noordwes: NWU moet Potchefstroomse Landboukollege oorneem - July 8, 2022
Agri-Noordwes sê die owerhede moet die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomse kampus toelaat om die Potchefstroomse Landboukollege oor te neem. Dit volg op berigte die kollege stort in duie. Die assistent-hoofbestuurder van Agri-Noordwes, Naudé Pienaar, sê die instelling was altyd bekend vir sy uitstekende opleiding en uiters kosbare genetika van lewende hawe, uitsonderlike Afrikanerbees-stoet en […]
Gauteng lei bewusmakingsveldtog oor masels - July 8, 2022
Die Gautengse departement van gesondheid en die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes onderneem ‘n veldtog om bewusmaking oor masels te kweek. Daar was verlede maand ‘n uitbreking by ‘n tuisskool in Tshwane. Die simptome sluit in koors, uitslag, hoes en ‘n loopneus. Die woordvoerder van die Stad Tshwane, Sipho Stuurman, sê hulle het met ‘n […]
Namibiese premier geskok oor oud-president van Angola se dood - July 8, 2022
Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila was geskok toe sy die nuus hoor van die voormalige Angolese President, José Eduardo dos Santos, wat in die ouderdom van 79 in ‘n hospitaal in Spanje gesterf het. Dos Santos het Angola vanaf 1979 vir byna 40 jaar regeer. Hy het sedert sy uittrede in 2017 meestal in Barcelona […]
SA verdedigingsminister sê SA Weermag is altyd gereed - July 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van verdediging, Thandi Modise, sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is gereed om wetstoepassingsagentskappe te ondersteun om enige bedreiging vir die sekerheid en stabiliteit van die land, die hoof te bied. Volgens Modise sal die SANW steeds op bystand wees, ter ondersteuning van die polisie, om alle nasionale sleutelpunte, asook die ekonomiese korridors […]