
Handelsministerie waarsku oor slenter - July 8, 2022
Die Namibiese handelsministerie het lede van die publiek gewaarsku oor ‘n slenter wat die ronde op sosiale media doen. Luidens die inligting word entrepreneurs ingelig dat die ministerie saam met verskeie internasionale agentskappe befondsing bekom het om SME’s en entrepreneurs by die staan. Anna Salkeus, woordvoerder van die ministerie sê geen inligting moet op die […]
Vandag, om 13:15, is almal in die wêreld in die son - July 8, 2022
Oor 15 minute, om kwart-oor-een, sal 99 persent van die wêreld se bevolking in die son wees. Ongeveer 6,4 miljard mense sal in sonlig wees met 1, 2 miljard wat in die skemer sal verkeer. Dit is ‘n jaarlikse verskynsel. Dr. Riaan Steenkamp van Unam se fisika-departement verduidelik hoe dit werk.
Versigtig vir die tweede uitgawe van staatskaping - July 8, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, sê die land se staatsbeheerde instellings is steeds blootgestel aan staatskaping. Hy sê daar word op die oomblik allerlei nuwe gesprekskoerse uitgestuur om die ware bedoeling van dit wat in een of ander vorm plaasvind, te bedek om sodoende staatskaping uitgawe twee te fasiliteer:
Brent verloor 7,2% in sewe dae - July 8, 2022
Brent ru-olie het in die afgelope week met 7,2 persent gedaal en gedurende die afgelope 30 dae, het die kommoditeit met 15,79 persent teruggesak. Ontleders sê die daling kom as gevolg van vrese oor potensiële resessie-aangedrewe afswaai in vraag. Sentrale banke verhoog rentekoerse om inflasie te tem, wat vrese aanwakker dat stygende leenkoste groei kan […]
EU kondig samewerkingsplan met Namibië aan - July 8, 2022
Die Nasionale Beplanningskommissie en die Europese Unie het ‘n samewerkingsprogram van stapel gestuur met die EU en sy lidlande wat Namibië ‘n verdere sewe jaar gaan ondersteun in menslike ontwikkeling en opvoeding, om kinders en jeugdiges ‘n kans te gee vir ‘n beter toekoms. Die program ondersteun ook goeie regering en versterk inklusiewe groen groei, […]
Shinzo Abe sterf - July 8, 2022
Die voormalige Japanse premier, Shinzo Abe, het gesterf. Die Japannese nasionale uitsaaier het die aankondiging gemaak, etlike ure nadat die 67-jarige Abe in die bors en nek geskiet is deur ‘n 42-jarige man wat op die toneel in hegtenis geneem is. Dokters by die hospitaal het ‘n perskonferensie gehou en sê Abe het hart het reeds gaan staan […]
Kyrgios is reguit deur na Wimbledon eindstryd - July 8, 2022
Die Australiër, Nick Kyrgios, is reguit deur na Wimbledon se eindstryd toe die tweede-gekeurde Rafael Nadal aan vandag se halfeindstryd onttrek het. Die 22-malige Grand Slam-kampioen het ‘n buikspier geskeur in sy kwarteindstryd teen die Amerikaner, Taylor Fritz, maar steeds in vyf stelle gewen. Nadal het aangekondig hy is nie fiks genoeg om nog twee […]
GIPF sal sy MTC aandeel vergroot, onder die regte toestande - July 8, 2022
Die Staatsinstellings Pensioenfonds sê hy is gereed om sy huidige 28 persent belang in MTC te vergroot, indien die geleentheid hom voordoen, en dit word ondersteun deur ‘n aanbeveling van sy batebestuurders. Die aankondiging kom na Namibian Post and Telecom Holdings aangedui het hy moet nog besluit wat om te doen met die oorblywende 9 persent aandele wat hy besit ná die notering […]
Alles is gereed vir Ongwediva se handelskou - July 8, 2022
Alles is volgens berigte gereed vir die jaarlikse Ongwediva Handelskou wat vir die eerste keer in twee jaar plaasvind. Die skou is uiters belangrik vir die noordelike ekonomie. Volgens Jackson Muma, woordvoerder van die Ongwediva dorpsraad, vind dit vanaf 26 Augustus tot 2 September plaas.
Paroolverhoor in verband met Zephany Nurse-ontvoering, vandag - July 8, 2022
Lavona Solomons, die vrou wat die drie-dae-oue Zephany Nurse in 1997 langs haar ma se bed in die Groote Schuur Hospitaal in die Wes-Kaap gesteel het, verteenwoordig haarself vandag tydens ‘n paroolraadverhoor. Solomon dien tronkstraf van tien jaar uit nadat sy skuldig bevind is aan ontvoering, bedrog en die oortreding van die Kinderwet. Solomon en […]