
Nam kry internasionale bystand met werkskepping - June 22, 2022
Die Namibiese arbeidsminister, Utoni Nujoma, het die Internasionale Arbeidsorganisasie se ondersteuning in terme van werkskepping geloof. Nujoma, wat tans by die 110de Internasionale Arbeidskonferensie in Genève is, sê die bystand deur die organisasie sal Namibië help om ‘n tasbare impak op werkskepping te maak wat hoop vir die jeug kan bring. Maria Hedimbi, hoof van […]
Inflasie in SA bereik rekord-hoogtes - June 22, 2022
Inflasie in Suid-Afrika het verlede maand sy hoogste vlak in vyf jaar bereik. Statistiek Suid-Afrika het aangekondig verbruikersinflasie vir Mei was 6,5 persent, wat die boonste perk van die Reserwebank se teiken van ses-persent oorskry. Die opwaartse neiging is hoofsaaklik gedryf deur verhogings in die prys van voedsel en nie-alkoholiese drankies, behuising en dienste, vervoer […]
Sprinkbokvroue se kaptein is uit vir môre se wedstryd - June 22, 2022
Die Springbok-vroue se voorspeler-afrigter, Eddie Myners, sê die verlies van die gereelde kaptein, Nolunsindiso Booi, het die afrigtingspan geleentheid gegee om aan die groep se diepte te werk. Booi het griep en is nie beskikbaar vir môre se wedstryd teen Namibië in die Afrikabeker-toernooi nie, maar Babalwa Latsha sal in haar plek die span aanvoer. […]
Curriebeker: Mannetjies Roux gesels oor Saterdag, en daardie wedstryd in 1970 - June 22, 2022
Die man wat die Windhoek Draught Griekwas in 1970 na hul laaste Curriebeke-oorwinning gelei het, Mannetjies Roux, sal Saterdag in Kimberley by die Windhoek Draught-stadion wees by die finaal teen die Airlink Pumas. Die span het Noord-Transvaal daardie jaar met 11-9 geklop. Mannetjies Roux het met Kosmos 94.1 Sportnuus gepraat en sê die senuwees knaag […]
Swakara toon stadige tekens van herlewing - June 22, 2022
Die stand van sake begin effe beter word vir die karakoel-bedryf in Namibië. Produsente was genoodsaak om oor te skakel na vleisproduksie tydens die streng internasionale inperkings maar, die volgende veiling is vandag of môre, soos Louisa Campbell van Lovedale Swakara verduidelik. Sy voeg by die oorlog in Oos-Europa het ‘n impak op verkope omdat […]
Ekonoom sê oor Julie-brandstofprys - June 22, 2022
Ons stap aan na die einde van die maand toe wat beteken dat die brandstofprys vir Julie bekend gemaak moet word. ‘n Reuse-styging is vir Junie aangekondig. Kosmos 94. Nuus het met die Cirrus-ekonoom Robert McGregor gepraat oor sy verwagtinge vir Julie…
Nafau oorweeg ‘n landwye staking - June 22, 2022
Die Namibiese Voedsel- en Geallieerdewerkers-vakbond, bekend as Nafau sê hy oorweeg ‘n landwye betoging na hulle nederlaag in hul hooggeregshofsaak teen Shoprite. Die vakbond se sekretaris-generaal Jacob Penda sê die vakbond wil teen die beslissing protesteer. Die hoërhof het verlede jaar in die guns van Shoprite se stakende werknemers beslis nadat die kleinhandelaar besluit het […]
Angola brei koffie-produksie uit - June 22, 2022
Angola werk daaraan om sy posisie in die wêreldwye koffiemark te verbeter deur koffieboon-produksie te verhoog. Twee maatskappye help om die land se bruto binnelandse produk met koffie te vergroot. Die Café Cazengo-koffiemaatskappy het 500 kwekers aangestel, wat die helfte van die land se koffie-oes lewer. Intussen het die Fazenda Vissolela-maatskappy 1 000-hektaar grond opsy […]
Suide sien vandag die eerste keer in dae, die son - June 22, 2022
Namibië is deur ‘n paar dae van erge koue wat regoor die land voorgekom het, maar in die Suide was daar sneeu wat plek-plek voorgekom het. Volgens Stiven Hamukwaya, wat op Helmeringhausen woonagtig is, is dit vandag die eerste keer in dae wat hulle die son sien.
Rooftogte neem toe by geriewe in Kaapstad - June 22, 2022
Die Stad Kaapstad sê daar was hierdie maand twee gewapende rooftogte by gemeenskapsgeriewe. Die jongste was ‘n aanval op die biblioteek in Nyanga Vrydag. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê klinieke, biblioteke en ontspanningsgeriewe is lank reeds die teiken van opsetlike beskadiging en diewe. Sy sê hierdie oënskynlike nuwe neiging […]