
Brave Gladiators verloor 0-1 teen SA - September 9, 2022
Die Namibiese vroue-sokkerspan het ‘n 1-0 nederlaag in die hande van Suid-Afrika gely, wat daartoe gelei het dat die Brave Gladiators vandag ‘n plek in die eindstryd van die Cosafa-vrouekampioenskappe in Suid-Afrika misgeloop het. Die gasheer sal in die eindstryd teen Zambië speel terwyl Namibië en Tanzanië vir die derde plek sal speel.
Madiba en koninging Elizabeth het noue bande gesmee - September 9, 2022
Die Nelson Mandela-stigting het ook vandag sy stem bygevoeg tot die wêreldwye huldeblyke wat instroom vir koningin Elizabeth die tweede. Madiba en Koningin Elizabeth het hegte bande gesmee na sy vrylating uit die tronk jare gelede. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt, het meer.
Namibiese justisieminister: Verkragtingsvonnise moet seksuele geweld uitroei - September 9, 2022
Die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, sê die toenemende voorvalle van seksuele geweld in die land is baie kommerwekkend. Sy sê die onlangse goedkeuring van die Wysigingswet op Bekamping van Verkragting moet gesien word as ‘n poging om voorvalle van seksuele geweld aansienlik te verminder en/of uit te roei. Die Wysigingswetsontwerp het verkragtings-vonnisse verhoog […]
Bloedoortappingsdiens hou lente-klinieke in Windhoek en Oshakati - September 9, 2022
Die Namibiese Bloedoortappingsdienste sal hierdie naweek twee lente-klinieke in Windhoek en Oshakati hou vir bloedskenking wat op Saterdag sal plaasvind. In Windhoek sal die bloedskenk-kliniek sal by hul hoofkwartier Talstraat gehou word en in Oshakati by die Oshakati-staatshospitaal. Vervoer is beskikbaar na beide sentrums, Titus Shivute van die diens aan Kosmos 94.1 Nuus.
DA kla oor afskaling van 2G- en 3G-toestelle - September 9, 2022
Die DA sê die afskakeling van 2G- en 3G-toestelle sal die lewens van boere en plaaswerkers, wat daarop staatmaak om bure in kennis te stel as hulle aangeval word, bedreig. Dit volg nadat die minister van kommunikasie en digitale tegnologie, Khumbudzo Ntshavheni, konsep-planne aangekondig het om die radio-frekwensiespektrum te desentraliseer. Die publiek het tot 19 […]
Blitsbokke kom vanaand teen Chile te staan - September 9, 2022
Rugby: Die Sewes-wêreldbeker het vanoggend in die Kaapstad-stadion afgeskop met die voorronde van 16. Die agt wenners van dié ronde wat deurdring na die laaste 16 is Ierland, Kanada, Samoa, Skotland, Kenia, Wallis, Uruguay en Chile. Die Blitsbokke speel outomaties in die ronde van 16 en kom vanaand na sewe-uur te staan teen Chile. Net […]
Publiek sal ingelig word oor reisdokumente tussen Namibië en Botswana - September 9, 2022
Dit het onder die aandag van die Namibiese ministerie van binnelandse sake gekom dat daar inligting op sosiale media sirkuleer wat sê dat Namibië en Botswana ‘n ooreenkoms onderteken het oor die gebruik van ID’s om tussen die twee lande te reis. Hierdie inligting is verkeerd, beklemtoon die ministerie. Die ministerie sê die twee lande […]
Nampol gee skokkende verkragtingsyfers - September 9, 2022
Volgens Namibiese polisie-statistieke is altesaam 4 284 Namibiese vroue en mans vanaf die jaar 2019 tot Julie 2022 verkrag, met die voorkoms van verkragting die hoogste in die Ohangwena-streek. Die nuwe inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, luitenant-generaal Joseph Shikongo, sê in 2019 is altesaam 1 110 mense verkrag. Hierdie getal het effens toegeneem tot 1 […]
NLU, veeartseny en Vleisraad help voorkom bek-en-klouseer - September 9, 2022
Die direktoraat veeartsenydienste in die Namibiese landbou-ministerie en die Vleisraad van Namibië, in samewerking met die res van die bedryf, is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag om alle moontlike stappe te neem om te voorkom dat bek-en-klouseer vanaf buurlande die land binnekom. ’n Noodkomitee is saamgestel met sleutel rolspelers en die Lewendehawe Produsente Organisasie is deel […]
Ruto: Kenia het groter kwessies as gay-regte - September 9, 2022
Kenia worstel met armoede en werkloosheid, maar gay-regte is nie ‘n kwessie nie, volgens die verkose President William Ruto. Ruto sê sy administrasie sal fokus op dringende kwessies in Kenia, soos werkloosheid en hongerte. Hy sê Kenia wil nie ‘n berg van ‘n molshoop maak nie en wanneer gay-regte ‘n groot kwessie vir die burgers […]