
SA se bankbalans sak in tweede kwartaal terug tot skokkende tekort - September 10, 2022
Suid-Afrika se bankbalans het in die tweede kwartaal teruggesak tot ‘n skokkende tekort. Dit is weens die groter volumes invoere teenoor uitvoere, asook die hoër dividende wat maatskappye uitbetaal. Die lopende rekening van die balans van betalings staan op 87 miljard Suid-Afrikaanse rand, uit ‘n surplus van 157 miljard rand. Die vloei van goedere is […]
Koning Charles III se kroning sal goedkoper wees - September 10, 2022
As tradisie gevolg word, sal koning Charles III eers in 2023 amptelik gekroon word. Dit sal egter goedkoper en korter wees as vorige plegtighede. Hy sal nes sy ma, by die Westminster-abdy gekroon word. Die beplanning vir Operasie Golden Orb, soos die geleentheid gedoop is, is reeds lankal gedoen. Koning Charles het reeds gesê hy […]
Krieket: Geen ekstra dag vir derde toets tussen Proteas en Engeland - September 10, 2022
Krieket: Die derde toets tussen Suid-Afrika en Engeland sou ‘n paar minute gelede op die Oval hervat word. Twee dae se spel is gekanselleer weens reën en die dood van koningin Elizabeth. Krieket Suid-Afrika kon intussen nie instem tot die plan van die Engelse Krieketraad om nog ‘n dag by te voeg nie, want die […]
Copps 94.1 skop die aand af met ‘n ongeluk en dronkbestuur - September 10, 2022
Kosmos 94.1 se Copps 94.1 teenmisdaad-realiteitsprogram was Vrydagaand weer regstreeks op die lug met ons borge G4S Namibia, JAC van M&Z Motors, Minet Namibia Insurance Brokers, LifeLink Emergency Services, Cema Drilling and Compressors, ITR Namibia Earthmoving Equipment, Dulux Namibia, Engen Eureka Service Station en die Windhoekse Stadspolisie. Francois Lottering was in die hoofstad op grondvlak […]
Polisieminister: Buitelanders is nie die oorsaak van misdaadprobleme in SA - September 10, 2022
Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê buitelandse burgers is nie die oorsaak van probleme in die land nie, Suid-Afrikaners is. Hy het op die Raad van Burgemeesters-konferensie in Oos-Londen onthul slegs 18 000 van die 544 000 gevangenes in tronke is immigrante. Cele sê die feit dat meer as ‘n half-miljoen Suid-Afrikaners in […]
VN vra vir wêreldwye steun vir vloedgeteisterde Pakistan - September 10, 2022
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het ‘n beroep gedoen vir massiewe wêreldwye steun vir Pakistan. Ongekende vloede in die land het byna 1 400 mense se dood veroorsaak en meer as een miljoen inwoners dakloos gelaat. Guterres het die versoek gerig toe hy gister in Islamabad geland het. Volgens die VN-hoof het […]
Namibiese Olimpiese roeier tree uit - September 10, 2022
Die Namibiese roeier Maike Diekman het haar uittrede uit die sport aangekondig. Sy het Namibië by die Olimpiese Spele in Tokio verteenwoordig. Diekman sê dit is tyd om hierdie hoofstuk van haar lewe as professionele roeier af te sluit. As die huidige voorsitter van die Namibiese Atletiek-kommissie sê Diekman sy kon reeds in sport terugploeg en sy beplan […]
‘Profeet’ Jackson Babi kry stewige vonnis vir renosterstropery - September 10, 2022
Die selfverklaarde profeet en renosterstroper Jackson Babi is in die Gobabis-landdroshof op 12 klagte in verband met renosterstropery gevonnis. Vir twee klagte van die onwettige jag van ‘n renoster is Jackson tot ‘n boete van 100 000 Namibiese dollar of twee jaar tronkstraf gevonnis. Hy moet of 50 000 dollar betaal of drie jaar tronk […]
Hof beslis openbare beskermer se skorsing is ongeldig - September 10, 2022
Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis die besluit om die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane te skors, is nie geldig nie. President Cyril Ramaphosa het Mkhwebane geskors hangende die uitkoms van die parlementêre ondersoek waarin sy in ‘n staat van beskuldiging geplaas kan word weens wangedrag. Haar regverteenwoordiger, Dali Mpofu, het die Artikel 194-ondersoek ingelig oor die […]
William kry titel van Prins van Wallis - September 10, 2022
Koning Charles III het soos dit ‘n koning betaam die leisels stewig vasgevat en die gemoed van sy nasie in sy eerste toespraak as staatshoof vasgevang. Hy het in ‘n verrassende aankondiging sy oudste seun prins William oombliklik die titel gegee van Prins van Wallis – die titel wat langer as 50 jaar Charles s’n […]