
United Airlines vlug na China draai terug, loods het sy paspoort vergeet - March 26, 2025
Passasiers op pad na China aan boord van ‘n United Airlines-vlug moes onverwags na die VSA terugkeer nadat die vlieënier sy paspoort by die huis vergeet het. Die vlug van Los Angeles na Shanghai was Saterdagmiddag reeds oor die Stille Oseaan toe dit moes terugdraai Amerika toe. Die Boeing 787 met 270 mense aan boord […]
Turbines loop oop by Ruacana - March 26, 2025
Die Kunenerivier by Ruacana bulder teen 711,3 kubieke meter per sekonde oor die valle, en die turbines by die kragstasie sing sekerlik soos daar krag opgewek word. Die vloei is volgens die Namibië Hidrologiese Diens dubbel wat dit was op dieselfde tyd verlede jaar. Die Zambezi by Katima Mulilo het gestyg na 4,41 meter, veel […]
SA verloor 91 000 werksgeleenthede - March 26, 2025
Die algehele aantal werkende mense in Suid-Afrika het van Desember 2023 tot Desember verlede jaar met 91 000 afgeneem. Volgens die kwartaallikse indiensnemingstatistieke wat Statistieke SA gepubliseer het, het voltydse indiensneming met 26 000 afgeneem en deeltydse indiensneming met 65 000. Die direkteur van kwartaallikse indiensnemingstatistieke, Matlapane Masupye, sê die nuus vir die vierde kwartaal […]
Ooreenkoms oor Swart See, energieteikens tussen Rusland, Oekraïne - March 26, 2025
Die Verenigde State het ooreenkomste met Oekraïne en Rusland bereik om hul aanvalle in die Swart See en teen energieteikens te onderbreek, na parallelle samesprekings in Saoedi-Arabië. Washington het onderneem om te help om internasionale sanksies op Russiese landbou- en kunsmisuitvoere te probeer ophef. Die Kremlin sê die ooreenkomste sal nie in werking tree tensy […]
Familie van 2-jarige wat in Alpe verdwyn, gearresteer - March 26, 2025
Vier mense, insluitend die grootouers van Emile Soleil, is in hegtenis geneem oor die tweejarige se opspraakwekkende verdwyning en dood in die Franse Alpe in Julie 2023. Die twee ander mense wat gearresteer is op vermoede van manslag en verberging van ‘n lyk is volwasse kinders van die grootouers, volgens aanklaers. Verlede jaar is sommige […]
Nuwe regering ‘moet fokus op regte van alle Namibiërs’ - March 25, 2025
Die omstrede sogenaamde Jerry-wette wat teen gay huwelike gemik was, is op die ou end nie deur voormalige president Nangolo Mbumba bekragtig nie. Sister Namibia voer aan dat dit nie ‘n rede is vir groot feesviering nie, want daar is steeds kommer oor die Huwelikswet wat teen selfdegeslag-huwelike diskrimineer. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met […]
Seekoei in Swakoprivier het dalk uit lodge-grond ontsnap - March 25, 2025
Die voormalige landbouminister, Calle Schlettwein, het foto’s geneem van seekoei-spore in die Swakoprivier, stroomaf van Gross Barmen. Dit het ‘n opskudding op Facebook veroorsaak, met baie mense wat wonder waar die seekoei vandaan kom. Dit is moontlik dat die seekoei uit ‘n nabygeleë lodge ontsnap het op soek na beter weiding. Kosmos 94.1 Nuus het […]
Taxibedryf kry R408 miljoen, BOSA wil weet hoekom - March 25, 2025
Build One South Africa sê hulle het die vervoerminister, Barbara Creecy, gevra vir ‘n volledige verduideliking van die eenmalige gratifikasie van 408-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die taxibedryf wat in die 2025/’26 nasionale begroting toegeken is. Die party sê die toewysing van hierdie reusebedrag wek ernstige bekommernisse oor deursigtigheid, aanspreeklikheid en die regering se bestedingsvoorkeure. BOSA […]
Blatter, Platini vrygespreek op korrupsie-aanklagte - March 25, 2025
Sokker: Die voormalige FIFA-president Sepp Blatter en die legendariese Franse speler, Michel Platini, is albei deur ‘n Switserse Appèlhof vrygespreek op korrupsie-aanklagte, twee en ‘n half jaar nadat hulle die eerste keer ook vrygespreek is. Die saak gaan oor ‘n betaling aan Platini wat Blatter gemagtig het vir werk wat van 1998 tot 2002 gedoen […]
Kalkrand sonder water, paaie verspoel: eerste minister Ngurare - March 25, 2025
Kalkrand het erg deurgeloop na ‘n wolkbreuk 104mm reën tussen ses-en tienuur Maandagaand laat neerstort het, en verskeie dienste is ontwrig. Beamptes van die kantoor van die eerste minister is na die gebied ontplooi om die gemeenskap by te staan. Die kwessie is in die parlement opgehaal, waar die nuwe eerste minister, Dr. Elijah Ngurare, […]