Sprinkane saai verwoesting in dele van Zambezi-streek - April 25, 2025

Sprinkane het na die goeie reën verwoesting begin saai in landerye in sommige noordelike areas. Die Zambezi-streek is veral hard getref en die landbouministerie het sowat 1 965 hektaar se landerye bespuit. Kosmos 94.1 Nuus het met Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu gesels, wat sê dinge lyk nie goed nie en ‘n groot probleem uitwys.

Read More

ANC maak plan met interne etiek, dissipline - April 25, 2025

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party is besig om streng interne meganismes in te stel om etiese leierskap, doeltreffende regering en deursigtige besluitneming te verseker. Hy het die slotrede gelewer by die party se Noord-Kaapse provinsiale konferensie waar Zamani Saul onbestrede vir ʼn derde termyn as provinsiale voorsitter verkies is. Mbalula sê […]

Read More

Beste oorsese reisbestemmings in Mei - April 25, 2025

Toronto, Kanada, is boaan Time Out se 15 beste reisbestemmings vir die Mei-vakansie. Die grootste aantrekkingskrag in Toronto is High Park, waar meer as 2 000 kersiebome in ʼn kleurespel van wit en pienk blom. Hokkaido, Japan, is tweede en bekend vir sy Matsumae-park, met 250 verskillende soorte kersiebloeisels. Derde is Athene in Griekeland om […]

Read More

SuperSport sal sokker Klubwêreldbekertoernooi uitsaai - April 25, 2025

Sokker: SuperSport het aangekondig dat hy die uitsaairegte vir die Klubwêreldbekertoernooi bekom het vir Afrika suid van die Sahara. Die uitsaaier sal al 63 wedstryde regstreeks uitsaai. Die toernooi sal vanaf 14 Junie tot 13 Julie in Amerika plaasvind en sal die wêreld se 32 beste klubs insluit. Mamelodi Sundowns van Suid-Afrika is een van […]

Read More

Afrika Energiekamer ondersteun Namibië se olie-ambisies - April 25, 2025

Die uitvoerende voorsitter van die Afrika Energiekamer, NJ Ayuk, het by die Namibië Internasionale Energiekonferensie sterk steun uitgespreek vir Namibië se olie-ambisies. Hy het die land se plaaslike inhoudbeleid geprys en sê alle beskikbare koolwaterstowwe moet benut word om Namibiërs te bevoordeel. Ayuk beklemtoon die ontwikkeling van plaaslike vaardighede om afhanklikheid van buitelandse kundigheid te […]

Read More

Proses rakende volksmoord vergoeding nog nie voltooi nie – NNN - April 25, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het in haar staatsrede gesê dat sy die stryd wat haar voorgangers begin het om vergoeding van Duitsland te verseker vir die Nama-Ovaherero-volksmoord, sal voortsit. Die LPM-leier Bernadus Swartbooi het tydens die vraag-en-antwoord sessie gesê die 1,1 miljard euro wat Duitsland aanbied as vergoeding vir die volksmoord is onvoldoende. Hy wou weet […]

Read More

Inheemse mense ly onder klimaatsverandering, maar is steeds uitgesluit - April 25, 2025

‘n Nuwe VN-verslag waarsku inheemse mense wat minstens 80-persent van die wêreld se biodiversiteit beskerm, word steeds van wêreldoptrede teen klimaatsverandering uitgesluit. Ondanks hulle omvattende kennis van die omgewing, ontvang hulle minder as 1 persent van die klimaatbefondsing en hulle word dikwels van besluitneming uitgesluit. Data toon dat groen projekte soos mynbou en ontkoling inheemse […]

Read More

Kipyegon wil myl in onder 4min hardloop - April 25, 2025

Die Keniaanse driedubbele Olimpiese-kampioen Faith Kipyegon gaan op 26 Junie in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat ’n myl in onder vier minute hardloop. Dit maak deel uit van Nike se Breaking4-projek, wat die handelsmerk se vorige Breaking2-projek met wêreldkampioen Eliud Kipchoge navolg. Die vise-president van Nike se sportnavorsingslaboratorium, Amy Jones […]

Read More

Stadspolisie ontplooi hommeltuie - April 25, 2025

Die hoof van die Windhoek Stadspolisie, Leevi Ileka, sê die departement gebruik tans een waarneming-hommeltuig, maar daar is planne om die vloot tot 10 uit te brei teen 2027. Die doel is om misdaad met die hommeltuie te bekamp, veral in rivierbeddings en residensiële inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met sersant Lahja Haitota van […]

Read More

Reuse-mosiehof-rol vanoggend, 145 aansoeke - April 25, 2025

Dit was ‘n bielie van ‘n mosiehof vandag voor regters Esi Schimming-Chase en Shafimana Ueitele. Daar was ‘n verstommende 145 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 24 op die reël 108-rol was. Banke het 67 aansoeke gebring. Hulle eis 35 eiedomme, waaronder plase, ter waarde van 65,4 miljoen Namibiese dollar terug sowel as 31 lenings met ‘n […]

Read More