
BTW is die minste van GNU se bekommernisse - April 25, 2025
‘n Ekonoom aan die Stellenbosse Bestuurskool, André Roux, sê om BTW onveranderd te hou is goeie nuus, maar hy waarsku die regering moet nog ‘n groot begrotingsgaping regstel. Hy voeg by met die laer ekonomiese groei wat verwag word, sal belastinginkomste selfs verder krimp. Roux glo die beste oplossing is om verkwistende staatsbesteding te besnoei […]
Putin loop deur onder wêreldleiers - April 25, 2025
Wêreldleiers veroordeel Rusland se jongste lugaanvalle op Oekraïne waarin 12 mense in Kiëf dood is. Frankryk se president, Emmanuel Macron, sê Russiese president Vladimir Putin moet ophou lieg dat hy vrede in Oekraïne wil hê. Die Britse eerste minister, Keir Starmer, sê die lugaanvalle is ʼn teken dat Moskou die aggressor is. Denemarke se minister […]
Olie en gas… plaaslike inhoud weer beklemtoon - April 25, 2025
Tydens die Internasionale Energiekonferensie het adjunk-eerste minister en minister van myne en energie, Natangwe Ithete, die belangrikheid daarvan beklemtoon om Namibië se natuurlike hulpbronne verantwoordelik te bestuur om te verseker dat alle Namibiërs gelyke voordeel trek. Hy beklemtoon dat die land ‘n spilpunt vir innovasie, verwerking en vervaardiging moet word deur plaaslike inhoud te prioritiseer […]
Nudo-leierskap bedank - April 25, 2025
Die president van Nudo, Ester Muinjangue, het bevestig sy sal bedank as leier van die party. Sy het reeds in Maart aangedui dat sy sal bedank en haar bevestiging kom na Joseph Kauandenge die week ook aangekondig het dat hy uittree as sekretaris-generaal. Albei het bevestig dat hulle wel as partylede sal aanbly. Die aankondigings […]
Beurtkrag afgestel, 2 000MW bygevoeg - April 25, 2025
Eskom sê fase-twee beurtkrag wat gistermiddag weens verlies aan opwekkingseenhede en ‘n groter as verwagte aanvraag ingestel is, is teen middernag opgehef. Dit volg na die herwinning van sowat 2 015 megawatt se opwekkingsvermoë, ‘n verwagte afname in aanvraag en voldoende noodreserwes. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê hulle sal later vandag die jongste stand […]
IDF erken aanval op VN-gebou - April 25, 2025
Die Israelse weermag het nou erken dat hy verlede maand verantwoordelik was vir die dood van ʼn werker van die Verenigde Nasies in ʼn aanval op ʼn VN-gastehuis in Gaza. Die Bulgaarse VN-werker Marin Valev Marinov is in die aanval dood en ses ander beseer. Die Israelse weermag sê volgens sy voorlopige ondersoek na die […]
Ministerie sê Von Hotz was ongeskik, het vulgêre taal gebruik - April 25, 2025
Na die veteraan toergids Yvonne von Holtz gal gebraak het oor swak behandeling by die Galton-hek by Etosha Nasionale Park, het die lynministerie ‘n verklaring uitgereik waar hy Von Holtz beskuldig van wangedrag. Die ministerie sê die CCTV-beeldmateriaal verskaf ‘n duidelike en teenstrydige weergawe van Von Holtz se bewerings dat personeel ooneerbiedig was en hulself […]
Geen SME-konsultasies vir begroting nie - April 25, 2025
Die finansministerie onder voormalige lynminister Ipumbu Shiimi het dikwels die burgerlike samelewing betrek om insette oor begrotingsprioriteite in te samel. Onder die konsekwent geopperde probleme was die nodigheid vir steun aan die informele ekonomie, SME’s en die kreatiewe sektor. Konsultasies het egter nie vanjaar plaasgevind nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Danny Meyer van […]
Cyril sê SA is verbind tot vrede - April 25, 2025
President Cyril Ramaphosa en sy Oekraïnse eweknie, Volodymyr Zelensky, het ooreengekom om samewerking tussen die twee lande te versterk en saam te werk aan sleutelgebiede, insluitend handel, energie en onderwys. Die twee leiers het tydens samesprekings by die Uniegebou in Pretoria maniere bespreek om bilaterale betrekkinge uit te brei en hoe om gesamentlike projekte in […]
Mes-maatreëls in Frankryk onder die loep na stekery by skool - April 25, 2025
Die Franse eerste minister, Francois Bayrou dring aan op ‘n verskerping van deursoeking vir messe in skole. Dit volg na ‘n tienermeisie dood is en drie studente beseer is in ‘n mesaanval by die Notre-Dame-de-Toute-Aide-skool in Nantes. Die aanvaller, ‘n 15-jarige seun, is glo op die toneel gearresteer na hy deur ‘n onderwyser oorrompel is. […]