SA se Allahuddien Paleker op IKR se elite-paneel skeidsregters - March 26, 2025

Krieket: Die Suid-Afrikaner Allahuddien Paleker en Alex Wharf van Engeland is ingesluit by die Internasionale Krieketraad se elite-paneel skeidsregters vir 2025-2026. Paleker, wat die sewende Suid-Afrikaanse skeidsregter op die paneel is, het in vier toetse as veld-skeidsregter opgetree. In mans-krieket het hy 23 eendagwedstryde en 67 T20’s waargeneem, en was ook skeidsregter in 17 internasionale […]

Read More

Een-man betoging teen ‘verrotte’ staatsdiensbestuur - March 26, 2025

Lolo Goraseb, ‘n voormalige sokkerspeler en tans werknemer by die kantoor van die premier, het sy kommer uitgespreek oor die onafhanklikheid van die land se staatsdiensbestuur. Hy het in kettings voor sy kantoor gestaan en die posisionering van die Staatsdienskommissie onder die kantoor van die eerste minister gekritiseer, en voer aan dat dit onpartydigheid in […]

Read More

Swakoprivier-seekoei tans gelukkig, met baie kos - March 26, 2025

Daar is inderdaad ‘n seekoei in die Swakoprivier stroom-af van Gross Barmen, en personeel van die omgewingministerie het vars spore gesien. Dit is volgens Marthin Kasaona, die adjunk-direkteur vir die sentrale streke, wat sê daar is genoeg water en weiding vir die dier. Die seekoei hou tans nie ‘n bedreiging vir mense in nie, maar […]

Read More

Verkoop eerder staatsondernmings as BTW verhoog: Outa - March 26, 2025

Die Organisasie teen Belastingmisbruik het die Nasionale Tesourie se voorstelle om BTW te verhoog en persoonlike inkomstebelastingskale onveranderd te laat, verwerp, en dit as onregverdig teenoor ‘n reeds oorlaaide belastingbetalersbasis beskryf. Die organisasie voer aan dat hierdie verhogings plaasvind terwyl miljarde verlore gaan weens korrupsie, ondoeltreffendheid en vermorsing. Outa se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage sê […]

Read More

Spider-Man, Harry Potter-vervaardigers sal nuwe James Bond-fliek maak - March 26, 2025

Amy Pascal en David Heyman gaan die nuwe James Bond-fliek vervaardig. Pascal is bekend vir die drie jongste Spider Man-titels terwyl Heyman al agt Harry Potter-rolprente vervaardig het. Die vorige Bond-vervaardigers, Barbara Broccoli en Michael G Wilson, het in Februarie hul uittrede uit die franchise aangekondig. Amazon MGM Studios sê hulle is opgewonde om aan […]

Read More

Damme vertoon nog beter, oostelike damme ook - March 26, 2025

Teen vanoggend agt-uur het die damme in die land weer verbeter. Von Bach is nou op 58,4 persent met Swakoppoort op 101,2 persent. Omatako is 77,6 persent vol. In die Ooste het dinge ook effe verbeter met Otjivero wat op 6,4 persent staan en die Daan Viljoendam op 65,1 persent. Water is oorgepomp na Tilda […]

Read More

Cyril kan nie alleen ‘n ambassadeur vir VSA kies nie, GNU moet - March 26, 2025

Die Vryheidsfront Plus sê president Cyril Ramaphosa beroep hom op die bepalings van die Grondwet in ‘n poging om ‘n nuwe ambassadeur na Amerika aan te stel en draai sy rug op die gees van samewerking in die regering van nasionale eenheid. Die president het gesê dit is nie nodig om met vennote in die […]

Read More

RSF blokkeer hulp in westelike Soedan, plunder blykbaar ook - March 26, 2025

Die Rapid Support Forces wat in ‘n oorlog met Soedan se weermag is, het nuwe beperkings geplaas op hulplewering aan gebiede waar hy probeer om sy beheer te versterk, insluitend gebiede waar hongersnood versprei. Hy poog op die oomblik om ‘n parallelle regering in die weste van die land te vorm en dit plaas honderde […]

Read More

Brittanje ondersteun Oekraïne, en jongste ooreenkoms - March 26, 2025

Die Britse minister van verdediging John Healey sê ten spyte van kommer dat president Donald Trump vinnig sanksies teen Rusland wil ophef, voor daar nog ‘n volle vredesooreenkoms is, ondersteun Brittanje die ooreenkoms rakend vyandighede in die Swart See en op energie infrastruktuur. Healey sê Brittanje staan bankvas agter die Oekraïne.

Read More

Britse hoë kommissaris gesels oor sy ampstermyn in Namibië - March 26, 2025

Die Britse hoë kommissaris na Namibië, Charles Moore, se ampstermyn eindig op 17 April. Hy is bekend daarvoor dat hy sy passie vir toerisme in die land op sosiale media deel deur sy fotografie en voorspraak vir Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het met Moore gesels oor sy tyd in die land en die verbeterde verhouding […]

Read More