Taxibedryf kry R408 miljoen, BOSA wil weet hoekomMarch 25, 2025
Build One South Africa sê hulle het die vervoerminister, Barbara Creecy, gevra vir ‘n volledige verduideliking van die eenmalige gratifikasie van 408-miljoen Suid-Afrikaanse rand aan die taxibedryf wat in die 2025/’26 nasionale begroting toegeken is. Die party sê die toewysing van hierdie reusebedrag wek ernstige bekommernisse oor deursigtigheid, aanspreeklikheid en die regering se bestedingsvoorkeure. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê vir ‘n multi-miljard-rand bedryf wat geen belasting betaal nie, is hierdie toewysing kommerwekkend.