Swakoprivier-seekoei tans gelukkig, met baie kosMarch 26, 2025
Daar is inderdaad ‘n seekoei in die Swakoprivier stroom-af van Gross Barmen, en personeel van die omgewingministerie het vars spore gesien. Dit is volgens Marthin Kasaona, die adjunk-direkteur vir die sentrale streke, wat sê daar is genoeg water en weiding vir die dier. Die seekoei hou tans nie ‘n bedreiging vir mense in nie, maar Kasaona vra dat mense die dier in vrede moet laat. Die ministerie monitor die dier se bewegings. Indien geen van die nabygeleë plase eienaarskap van die seekoei opeis nie, sal dit waarskynlik na ‘n ander veilige area geneem word.