
Reds-spelers mag Crusaders-wedstryd misloop weens sikloon - March 5, 2025
Rugby: Spelers van die Reds in Brisbane sal verskoon word van Sondag se Super Rugby Pacific-wedstryd teen die Crusaders in Nieu-Seeland as hulle eerder wil huis toe gaan voor ‘n dreigende sikloon aan Australië se ooskus. Die span het reeds in Christchurch aangekom. Afrigter Les Kiss sê hulle sal alles moontlik doen om die spelers […]
MVA rig waarskuwings oor bestuur in swaar reën - March 5, 2025
Motoriste word aangespoor om versigtig te ry te midde van waarskuwings oor swaar reën. Die Motorvoertuig-ongelukkefonds waarsku oor nat, gladde paaie en sê vloeiende riviere moenie oorgesteek word nie, aangesien selfs vlak water gevaarlik kan wees. Veiligheidswenke sluit in motoriste moet stadiger ry, veilige afstande handhaaf, hoofligte aanskakel in swak sigbaarheid en oplettend bly. In […]
Bergfiets-renjaers bring 6 goud,1 silwermedalje huis toe - March 5, 2025
Namibiese fietsryers het uitgeblink by die eerste been van die SA-beker bergfietsren-reeks wat in die Paarl aangebied is, en ses goue- en een silwermedalje verower. Roger Suren, Micah Chase en Qara Volschenk het almal hul kategorieë oorheers, en het elkeen twee goue medaljes verower. Delsia Janse van Vuuren het ‘n silwermedalje in haar kategorie gewen. […]
Wat gaan aan in Namdia-saak, wil Venaani in NV weet - March 5, 2025
Parlementslede is druk besig in die Nasionale Vergadering voor die sewende parlement op 19 Maart ontbind. Vandag het lede hulle vrae aan ministers uitgelig. Die PDM het gefokus op die koste van staatsbegrafnisse sowel as die dodelike rooftog by Namdia. Die president van die PDM, McHenry Venaani, het eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila vir ‘n dringende […]
Swapo moet demokrasie binne party handhaaf: Ekandjo - March 5, 2025
Swapo-strydros Jerry Ekandjo het die besluit van die party se sentrale komitee om die vise-president se posisie tot 2027 te bevries, gekritiseer en noem dit ongrondwetlik. Die besluit kom nadat die sentrale komitee vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah onderskryf het as die enigste presidensiële kandidaat vir môre se buitengewone kongres. Ekandjo, wat al vir 50 jaar ‘n […]
Nabta wil ook gehelp word, soos vulstasie-eienaars - March 5, 2025
Brandstofpryse het vandag gestyg, met die 30 sent per liter-styging in handelaarsmarge vir vulstasies wat ‘n kontroversie veroorsaak het. Die energie-ministerie het gesê die styging is sodat vulstasie-eienaars die nuwe minimum loon kan bekostig. Die Namibië Bus- en Taxivereniging, Nabta, is hoogs ontevrede omdat hulle al verlede jaar gevra het vir ‘n 15 Namibiese dollar verhoging […]
B2Gold lewer 198 142 onse goud in 2024, betaal regering N$8,9 miljard - March 5, 2025
B2Gold het in die vierde kwartaal verlede jaar ‘n totaal van 52 452 onse goud geproduseer, volgens sy jongste verslag. Die Otjikoto-myn het in die voljaar 198 142 onse goud gelewer. Goudinkomste vir die 12-maande-tydperk wat op 31 Desember geëindig het het 8,9 miljard Namibiese dollar beloop, teen ‘n gemiddelde goudprys van 2 386 Amerikaanse […]
NamPol Oshana waarsku verkragters oor geen borg - March 5, 2025
‘n Twintigjarige man wat na bewering ‘n agt-jaar oue seuntjie verkrag het, het in die Oshakati landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Volgens NamPol in Oshana het die insident in Februarie plaasgevind, maar is eers gister deur die seun se pa aangemeld. Die seun was in ‘n koshuis in Ongwediva toe die beskuldigde glo na […]
Addo se nuwe leeuwyfies sal troppe versterk - March 5, 2025
Twee leeuwyfies wat in die Addo-olifantpark naby Gqeberha losgelaat is, is nou in die wildkykgebied te sien. Die twee-en-‘n-half-jaar oue susters wat in Desember van die !Khamab Kalahari-park gebring is, verleen sterk genetiese verskeidenheid aan die park se leeubevolking. SANParke sê die twee sal navorsers help met die nasporing van habitatgebruik, interaksie met roofdiere en […]
China stel ‘n groeiteiken van 5% vir vanjaar - March 5, 2025
China het ‘n ambisieuse groeiteiken van sowat vyf-persent gestel en voorgeneem dat binnelandse vraag die vernaamste ekonomiese doelwit sal wees terwyl die verergerende handelsoorlog met Amerika uitvoere beïnvloed. Beijing het ook ‘n ongewone tariefverhoging in fiskale befondsing aangekondig, wat hulle begrotingstekort vanjaar na vier-persent sal verhoog terwyl hulle sukkel met wankelrige werkskepping vir jong mense, […]