NamPol Oshana waarsku verkragters oor geen borgMarch 5, 2025

‘n Twintigjarige man wat na bewering ‘n agt-jaar oue seuntjie verkrag het, het in die Oshakati landdroshof verskyn en is borgtog geweier. Volgens NamPol in Oshana het die insident in Februarie plaasgevind, maar is eers gister deur die seun se pa aangemeld. Die seun was in ‘n koshuis in Ongwediva toe die beskuldigde glo na sy kamer gegaan, hom deur die gesig geklap en uitgetrek het voordat hy hom verkrag het. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met NamPol Oshana streekbevelvoerder, kommissaris Naftal Sakaria.