B2Gold lewer 198 142 onse goud in 2024, betaal regering N$8,9 miljardMarch 5, 2025
B2Gold het in die vierde kwartaal verlede jaar ‘n totaal van 52 452 onse goud geproduseer, volgens sy jongste verslag. Die Otjikoto-myn het in die voljaar 198 142 onse goud gelewer. Goudinkomste vir die 12-maande-tydperk wat op 31 Desember geëindig het het 8,9 miljard Namibiese dollar beloop, teen ‘n gemiddelde goudprys van 2 386 Amerikaanse dollar. Die maatskappy het gedurende 2024 altesaam 2,4 miljard Namibiese dollar aan die regering betaal in belasting en heffings.