
Nog ‘n haatspraak-herrie in SA - February 21, 2025
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersoek uitlatings wat Nhlamulo “Nota” Baloyi in ‘n aanlyn uitsending, The Hustlers Corner SA gemaak het nadat daar klagtes was oor Baloyi se mening oor wit mense. Die kommissie se woordvoerder, Wisani Baloyi, sê die SAMRK in Gauteng waarsku vryheid van uitdrukking is nie sonder beperkings nie en haatspraak word verbied. Hy […]
Frankryk begin lukraak soek na wapens in sakke by skole - February 21, 2025
Die Franse polisie gaan lukraak by skole begin soek na messe en ander wapens wat in sakke versteek is, in ‘n poging om die toename in gewelddadige aanvalle te bekamp. Die minister van Onderwys, Elisabeth Borne, sê onderwysers en skoolpersoneel is nie gemagtig om leerders te deursoek nie. Die nuwe beleid volg na ‘n toename […]
Tyla en haar treffer Water maak Spotify-geskiedenis - February 21, 2025
Die Suid-Afrikaanse musieksensasie, Tyla, het geskiedenis gemaak deur die eerste solokunstenaar uit Afrika te word wat ‘n miljard stromings op Spotify kry, met haar treffer, Water. Die liedjie het die eerste Afrikamusiek-toekenning op die Grammy’s gewen, asook die top-Afrobeats-liedjie op die Billboard-musiektoekennings en beste Afrobeats-video op die MTV Video-musiektoekennings. Spotify sê hierdie geskiedkundige oomblik bevestig […]
Parlement verdaag weer, vir rouperiode, werk staan stil - February 21, 2025
Die Nasionale Vergadering, wat op 5 Februarie begin sit het, het Woensdag verdaag tot 4 Maart weens die nasionale routydperk asook die staatsbegrafnis van stigterspresident Sam Nujoma. Daar is egter nog heelwat uitstaande werk wat afgehandel moet word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Sakeus Kadhikwa, die NV se senior skakelbeampte.
DA het groot kommer oor tienerswangerskappe - February 21, 2025
Die DA sê die toename in swangerskappe onder leerders, insluitend een-duisend-424 gevalle onder meisies tussen tien en 14 jaar, onthul ‘n statutêre verkragtingskrisis wat dringende optrede vereis. Volgens die Departement van Onderwys het meer as 67 000 meisies tussen 15 en 19 jaar ook in die eerste drie kwartale van verlede jaar geboorte geskenk. DA-woordvoerder […]
Arabiere skarrel vir alternatiewe Gaza-plan - February 21, 2025
Arabiese state skarrel om ‘n alternatiewe plan vir Gaza te beraam, maar moet nog kritieke kwessies aanpak soos wie die rekening sal betaal vir heropbouing van die gebied wat deur die VN op meer as $50 miljard geraam word. Daar is ook kwessies oor hoe die strook bestuur sal word. Leiers van Arabiese Golflande plus […]
Yoon word ondersoek vir regsverydeling - February 21, 2025
Die Suid-Koreaanse polisie bou formeel ‘n saak teen die aangeklagte president Yoon Suk Yeol oor beskuldigings dat hy die uitvoering van ‘n arrestasiebevel belemmer het. ’n Suid-Koreaanse hof het op 31 Desember ’n arrestasiebevel vir Yoon uitgereik in ’n kriminele ondersoek waarin die geskorste leier beskuldig word van opstand oor sy krygswetbevel verlede jaar. Die […]
Moerdertaal vandag gevier - February 21, 2025
Dit is vandag Moedertaaldag en Kosmos 94.1 Nuus gesels met Netwerk Namibië vir Afrikaans wat Afrikaans in Namibië bevorder. Welbekende Elizma Theron oorhandig die leisels as bestuurder van Netwerk oor aan Chrisna O’Kennedy. Theron het vir oulaas met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die belangrikheid van Moedertaaldag in Namibië. Op 8 Mei vier Afrikaans sy […]
Kenner sê oor herlewing van Air Namibia soos NNN beloof - February 21, 2025
Reaksie word ontvang op planne deur die verkose president Netumbo Nandi-Ndaitwah wat Air Namibia weer op die been wil bring. Die maatskappy se likwidasie, in 2021 aangekondig, is nog nie afgehandel nie. Daar is natuurlik reuse-uitdagings. Die ligging van die land teenoor belangrike bestemmings het ‘n groot impak op die winsgewendheid van die redery. Kosmos […]
Miljoene deur banke opgeëis vir skuld - February 21, 2025
Daar was 84 aansoeke vir verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend met 14 op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 46 van die aansoeke gebring en die twee sessies is deur regters Eileen Rakow en Doris Hans-Kaumbi hanteer. Die banke eis 28 lenings, met skuld van 26,9 miljoen Namibiese dollar op sowel as 18 eiendomme met […]