
Rand skep asem ná moeilike week - February 22, 2025
Suid-Afrika se rand was Vrydag stabiel ná ‘n onstuimige week waarin dit verswak het, omdat die land se nasionale begroting op die nippertjie uitgestel is. Ontleders sê dié uitstel, die eerste in die land se post-apartheidgeskiedenis, beteken weke van onsekerheid voordat ‘n nuwe begroting in die middel van Maart aangebied word. Danksy ‘n herstel in die […]
Halfmiljoen Haïtiane staar VSA-deportasie in gesig - February 22, 2025
Die Trump-administrasie het die beskerming beëindig vir ongeveer 500 000 inwoners van Haïti, wat hulle teen Augustus kwesbaar maak vir deportasie. Die departement van binnelandse veiligheid het aangekondig hy keer die hernuwing van die tydelike beskermde status van die voormalige president, Joe Biden, se administrasie om, wat immigrante teen deportasie beskerm. Kritici sê die stap […]
Proteas reken af met Afghanistan - February 22, 2025
Suid-Afrika het ses agtereenvolgende eendag-wedstryde verloor voordat hulle Vrydag daarin geslaag het om Afghanistan met 107 lopies af te ransel in hulle Kampioenebekerkragmeting in Karachi. Die Proteas het die loot gewen en eerste gekolf, met Ryan Rickleton wat gesorg het vir ‘n hondertal en vyftigtalle deur Temba Bavuma, Aiden Markram en Rassie van der Dussen. […]
Namibiese damme nóg voller - February 22, 2025
Namibië se damme het nóg water bygekry en is tans 56,1 persent vol, luidens die jongste data van die Namibië Hidrologiese Diens. Hardap is 23,9 persent vol vergeleke met 14,9 persent dieselfde tyd verlede jaar. Von Bach is 27,5 persent vol teenoor net 12 persent in die ooreenstemmende tyd verlede seisoen.
Reusevonds kokaïen op OR Tambo - February 22, 2025
Twee Suid-Afrikaanse burgers is vir dwelmhandel by OR Tambo Internasionale Lughawe gearresteer en die polisie het op kokaïen ter waarde van 7,5 miljoen rand beslag gelê. SAPD-woordvoerder, Amanda van Wyk, het bevestig die verdagtes, ‘n man en ‘n vrou, het afsonderlik vanuit Brasilië aangekom. Sy het bevestig albei is van dwelmhandel aangekla:
Sinn Fein trek nuus op vir Withuis - February 22, 2025
Ierland se grootste opposisieparty, Sinn Fein, het sy tradisionele besoek aan die Withuis op St Patrick’s-dag gekanselleer uit protes teen die voorstelle van die Amerikaanse president, Donald Trump, vir Gaza. Leier Mary Lou McDonald het in Dublin gesê sy kan nie Washington besoek terwyl daar ‘n dreigement van massa-uitsetting van die Palestynse volk bestaan nie. […]
Derde ronde van Sesnasies dié naweek - February 22, 2025
Die Sesnasies bereik die naweek die derde ronde, en opwindende kragmetings word verwag. Wallis verwelkom die verdedigende kampioen en voorloper op die punteleer, Ierland, in Cardiff. Afskop is 4.15. Engeland en Skotland pak mekaar daarna op Twickenham. Môremiddag vyf-uur speel Italië en Frankryk teen mekaar in Rome. Ierland het Engeland en Skotland in die eerste […]
Copps 94.1: Gewapende roof op koppie in Windhoek - February 22, 2025
‘n Gewapende roof, huisbraak en openbare onderonsies het gisteraand die misdaadtoneel in Windhoek oorheers. Francois Lottering, deel van die Copps 94.1-span wat Vrydagaande die hoofstad met ‘n arendsoog dophou, doen verslag.
AfriForum bevraagteken SA misdaadsyfers - February 22, 2025
AfriForum is skepties oor die polisie se jongste misdaadstatistieke en bevraagteken of dit ‘n ware weerspieëling van misdaad in Suid-Afrika is. Die minister van polisie, Senzo Mchunu, het afnames in moord en veediefstal aangemeld, maar AfriForum beweer veiligheidstrukture op voetsoolvlak sien nie betekenisvolle veranderings nie. Die woordvoerder, Jacques Broodryk, sê swak rekordhouding en die wanbestuur […]
Chinese in Tasmansee ontwrig vlugte - February 22, 2025
Vliegtuie wat tussen Australië en Nieu-Seeland vlieg, se roetes is gewysig terwyl China ‘n militêre oefening in nabygeleë waters doen wat lewendige ammunisie kan behels. Die seldsame teenwoordigheid van drie Chinese vlootskepe in die Tasmansee het albei lande die afgelope paar dae op hoë gereedheid geplaas, terwyl Australië dit “ongewoon” noem. Die Australiese lugdiens Qantas […]