Nege jaar sedert Lily-myntragedie herdenk - February 5, 2025

ActionSA staan aan die spits van verrigtinge by die herdenking van die Lily-myntragedie wat nege jaar gelede in Mbombela, Mpumalanga plaasgevind het. Vandag word die nagedagtenis van Pretty Nkambule, Yvonne Mnisi en Solomon Nyirenda herdenk. Die drie werkers se oorskot is sedert 2016 ondergronds vasgekeer ná die myn se ineenstorting. Die leier van ActionSA, Herman […]

Read More

Koning Charles vereer Vogue-hoofredakteur Wintour - February 5, 2025

Die langs-dienende hoofredakteur van die tydskrif Vogue, Anna Wintour, is deur koning Charles vereer. Dit is deel van die koning se verjaarsdag-eerbewyse. Wintour het die Companion of Honour-toekenning in Buckingham-paleis ontvang vir haar dienste aan mode. Koningin Elizabeth het Wintour in 2017 ‘n dame gemaak vir haar bydrae tot mode en die joernalistiek. Sy sê […]

Read More

MotoGP-wêreldkampioen Jorge Martin in hospitaal na ongeluk - February 5, 2025

Motorsport: Die MotoGP-wêreldkampioen, Jorge Martin, is hospitaal toe geneem na ‘n ongeluk op die eerste dag van voorseisoense oefening in Maleisië. Die 27-jarige Spanjaard het na die Aprilia-span geskuif nadat hy verlede jaar die kampioenskap vir Pramac Ducati gewen het. Hy het gekla van pyn in sy linkervoet en regterhand nadat hy van die fiets […]

Read More

Vier beweerde hondeslagters in Swakop hof - February 5, 2025

Die vier mense wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n hond, Ragnir, Sondag in Swakopmund gesteel, met ‘n byl doodgekap en toe die karkas vir 200 Namibiese dollar aan ‘n kapana-verkoper verkoop het, het in die dorp se landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van diefstal, geldwassery en dieremishandeling.Hulle is op borgtog van 3 000 Namibiese […]

Read More

Wêreld moet optree in Goma: DRK aktivis - February 5, 2025

‘n Kongolese jeugaktivis en entrepreneur, Mike Mpanya, bepleit onmiddellike wêreldwye optrede om die voortslepende krisis in Goma, in die Demokratiese Republiek van die Kongo, te beëindig. Mpanya het op die bekendstelling van die Goma Call for Peace in Kaapstad, die situasie beskryf as ‘n menslike tragedie, met onskuldige burgerlikes wat die swaarste getref word deur ‘n konflik […]

Read More

Bibi hou baie van Trump se Gaza-planne - February 5, 2025

Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy steun president Donald Trump se voorstel om ondersoek in te stel na Amerika se oorname van die Gazastrook. Trump het gister tydens ‘n vergadering met Netanyahu in die Withuis daarop aanspraak gemaak dat Gaza die Riviera van die Midde-Ooste kan word. Hy het ook nie die moontlikheid […]

Read More

Tweemalige Grand Slam-kampioen Simona Halep tree uit - February 5, 2025

Tennis: Die voormalige wêreld-nommer-een, Simona Halep, het haar uittrede aangekondig en sê haar liggaam laat haar nie toe om verder mededingend te speel nie. Die 33-jarige Roemeen het haar besluit op die Transsilvaniese Ope bekendgemaak nadat sy in die eerste ronde teen die Italianer Lucia Bronzetti verloor het. Halep, ʼn tweemalige Grand Slam-kampioen, is in […]

Read More

Bejaarde man wat in Gammams verdrink, geïdentifiseer - February 5, 2025

Die identiteit van die man wie se motor in Auasblick deur vloedwater meegesleur is terwyl hy die Gammamsrivier probeer oorsteek het, is bekend. Hy was die 87-jarige Theodor Volker. Sy liggaam is langs die rivier gekry, naby die kruising van Hendrik Witbooirylaan en Moses Garoëbstraat en is deur ‘n familielid, wat tydens die soektog hand […]

Read More

Nog ‘n streekswatervergadering in Maseru - February 5, 2025

Amptenare van Botswana, Lesotho, Suid-Afrika en Namibië het in Maseru, Lesotho, vergader om ‘n e-vloei-stelsel vir die beveiliging van varswater-eko-stelsels te bespreek. Die drie-dae-lange beraad het ten doel om volhoubare waterhulpbronbestuur te verseker deur reëls en prosesse vir billike waterverspreiding te ontwikkel. Waterskaarste bly ‘n groeiende kommer en leiers beklemtoon die behoefte aan samewerking om […]

Read More

Solidariteit sal baklei om Agoa te behou - February 5, 2025

Die vakbond Solidariteit sê Suid-Afrika verkeer in gevaar om die Wet op Groei en Geleenthede in Afrika se handelsvoordele met die Verenigde State van Amerika te verloor weens swak diplomatieke betrekkinge. Die vakbond gee die regering se bande met China, Rusland en Iran die skuld en is van mening beleide soos die Wet op Onteiening […]

Read More