Sonneblomolie duurste in Khomas, blik pilchards kos meeste in Sone 3March 7, 2025

Die jaarlikse inflasiekoers was in Februarie 3,6 persent, volgens die jongste Verbruikersprysindeks-verslag. Die Namibië Statistieke Agentskap wys ook dat inflasie van 3,7 persent in Sone 2, Khomas, en Sone 3, die suidelike streke met Erongo en Omaheke, aangeteken is. In Sone 1, die noordelike streke, was jaarlikse inflasie 3,5 persent. ‘n Bottel sonneblomolie was egter die duurste in Sone 2 teen 34 Namibiese dollar 32 sent, gevolg deur Sone 3 waar dit 31 dollar 5 sent gekos het. In Sone 1 was die prys 29 dollar 78 sent. ‘n Blik pilchards in tamaties was duurste in Sone 3 teen 37 dollar 17 sent. In Sone 2 het dit 35 dollar 60 sent gekos en in Sone 1 30 dollar 3 sent.