
Botswana-handelaars pleit dat grense oopgemaak word - October 14, 2022
‘n Tekort aan vars produkte in Botswana het handelaars in die buurland genoodsaak om by die regering te pleit om hulle toe te laat om weer produkte van Suid-Afrika en ander lande in te voer. Die Botswana regering het vroeër vanjaar die invoer van sekere produkte uit Suid-Afrika gestaak, insluitend tamaties, wortels, beet, aartappels, kool, blaarslaai, knoffel, uie, gemmer, […]
Etzebeth maak sy debuut more vir Haaie - October 14, 2022
Die Springbok-slot Eben Etzebeth maak môre in Durban sy debuut vir die Haaie in die Verenigde Rugby Kampioenskaps-wedstryd teen die Skotse span, Glasgow Warriors. Hy is by die begin-vyftiental ingesluit. Die Haaie se afrigter, Sean Everitt, het verskeie van sy Boksterre gekies wat ruskans gekry het na die Rugbykampioenskap. Bongi Mbonambi, Ox Nché, Siya Kolisi […]
Vakbondleier loof Geingob se werker-aanmerkings - October 14, 2022
Namibiese President Hage Geingob loof die verhouding tussen die regering en vakbonde en sê hulle is revolusionêre vennote wie se samewerking altyd in die belang van nasieskap is. Geingob sê dié verhouding is vroeër vanjaar bewys tydens die onderhandelinge vir salarisverhogings vir staatsamptenare tussen die Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu, en die regering, tydens ‘n uitdagende […]
Namibië het matige vlakke van honger, Angola het baie verbeter - October 14, 2022
Namibië se Globale Honger-indeks vir 2022 staan op 18,7 wat ‘n redelike matige vlak van honger toon. Angola is een van 32 lande wat sy Globale Honger-indeks sedert 2000 met 50 persent of meer verminder het. Die internasionale verslag “Transforming Food Systems and Local Governance”, wat deur die nie-regeringsorganisasies Welthungerhilfe en Concern Worldwide uitgegee word sê Angola het tans ‘n indeks van 25,9 teenoor 64,9 in 2000. Die verslag sê terwyl die huidige […]
Inwoners in verskeie dele van Australië opdrag gegee om te ontruim - October 14, 2022
Inwoners in dele van Victoria, Nieu-Suid-Wallis en Tasmanië in Australië het opdrag gekry om hul huise te ontruim weens stortreën wat groot oorstromings meebring. Volgens berige het 500 huise in Victoria oorstroom en sowat nege-duisend-500 is sonder elektrisiteit. In Nieu-Suid-Wallis het ongeveer 600 mense in die dorp Forbes opdrag gekry om te ontruim. Die gevaar neem ook […]
Springbokvroue-span onveranderd vir Fidji-kragmeting - October 14, 2022
Die Springbok-vrouespan se afrigter, Stanley Raubenheimer, het sy beginspan vir Sondag se kragmeting teen Fidji in Nieu-Seeland onveranderd gelaat. Nolusindiso Booi sal dieselfde span op die veld lei wat verlede Saterdag teen Frankryk uitgedraf het. Die voorspeler Lerato Makua neem haar plek op die plaasvervangersbank in om Catha Jacobs te vervang. Raubenheimer sê alhoewel die […]
Kaapstad het groot sukses teen beurtkrag - October 14, 2022
Die Stad Kaapstad se kliënte is tussen Februarie en September vanjaar teen 1 100 ure van Eskom se 1 900 ure beurtkrag beskerm. Die stad het waar moontlik sy kliënte teen minstens twee beurtkragfases beskerm. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê dis hoofsaaklik moontlik gemaak deur die bestuur van die Steenbras-hidropomp-bergingskema:
Otavi word, nes ander, ook miljoene geskuld - October 14, 2022
Plaaslike berigte lui dat inwoners van Otavi die dorpsraad teen 6 September, 57,6 miljoen Namibiese dollar skuld. Dit is ‘n toename van amper 20 persent teenoor die 48,2 miljoen dollar wat in die 2020-21 boekjaar betaalbaar was. Die dorp se hoof uitvoerende beampte, Sakaria Haulofu sê aan plaaslike media dat skuldinvordering ‘n uitdaging regoor die land is. Hy sê huishoudings op […]
Transnet: Bewys dat eenheid van werkers ondermyn word - October 14, 2022
Die Suid-Afrikaanse arbeidsontleder Terry Bell sê die Transnet-staking beklemtoon hoe die kern en beginsel van vakbonde, naamlik eenheid van werkers, dikwels geïgnoreer en ondermyn word. Die semistaatsinstelling het vakbonde ‘n driejaar-salarisaanbod gemaak. Dit sluit in ‘n algemene verhoging van 4,5 persent in die huidige jaar. Werkers hou egter by hulle eis van ‘n salarisverhoging van […]
Nog ‘n massaskietvoorval in die VSA - October 14, 2022
Vyf mense, insluitend ‘n polisiebeampte wat van diens was, is in ‘n skietery in Raleigh, Noord-Carolina in Amerika dood. ‘n Verdagte het met ‘n geweer langs ‘n staproete losgebrand. Die burgemeester van Raleigh, Mary-Ann Baldwin, sê dis ‘n tragiese dag vir die stad en dringend noodsaaklik om vuurwapengeweld aan te spreek. Die skietery is die jongste in ‘n gewelddadige […]