Net 33 van 175 grondresolusies geïmplementeer

Die Namibiese regering word daarvan beskuldig dat hy sy voete sleep met die implementering van die resolusies wat by die tweede grondkonferensie plaasgevind het. Volgens berigte is net 25 van die 175 resolusies tot dusver in werking gestel. Dit is deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila bekend gemaak. Sy sê daar word op 133 resolusies gewerk en die res […]

Read More

Spoorlyn na Zambië is lewensvatbaar

‘n Lewensvatbaarheidstudie wat pas voltooi is toon dat ‘n spoorlyn-verbinding tot in Zambië uiters voordelig sal wees vir Namibië. Die studie wat deur die ministerie van vervoer aangevra is en deur MR-Technofin in Moembaai, Indië uitgevoer is, toon dat die lyn, wat 770 kilometer lank sal wees, lewensvatbaar is van ‘n omgewings- en finansiële standpunt. Die doel is om mynbedrywighede op die […]

Read More

Biden maak eerste keer melding van ‘volksmoord’

Amerika se president, Joe Biden, het vir die eerste keer Rusland se inval in die Oekraïne ‘n volksmoord genoem. Biden het vroeër die Kremlin se aanvalle in Oekraïne veroordeel en die Russiese president, Vladimir Putin, as ‘n oorlogsmisdadiger beskryf wat van oorlogsmisdade aangekla moet word. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het Biden se opmerkings verwelkom […]

Read More

Beurtkrag vandag en môre in SA voortgesit

Eskom in die buurland verleng fase twee-beurtkrag na vandag en môre weens ‘n tekort aan opwekkingsvermoë en die voortgesette vertraging met die terugkeer van eenhede. Beurtkrag sal uitgebrei word van vanmiddag vyf-uur tot môreoggend vyf-uur, en weer dieselfde môrenag. Dit word Vrydagoggend vyf-uur opgeskort. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle bestuur die nood-opwekkingsreserwes om […]

Read More

Nog ‘n skudding in Kunene, 4,6 gemeet

’n Aardbewing van 4.6 op die Richterskaal het 33 kilometer van Khorixas in die Kunene-streek omstreeks 36 minute oor 10 gisternag voorgekom. Die aardbewing is teen ‘n diepte van 10 kilometer gemeet. Die presiese omvang, episentrum en diepte van die aardbewing kan nog hersien word soos wat seismoloë data hersien en hul berekeninge verfyn, of soos […]

Read More

Hage sê 12-uur oor Covid-maatreëls

Namibiese President Hage Geingob hou vanmiddag om 12-uur die 42ste Covid-konferensie by Staatshuis waartydens hy die jongste Covid-maatreëls sal aankondig. Geingob het op Twitter gesê die winter is om die draai en Namibiërs moet voorsorg teen Covid-19 tref. Hy sê inenting is die enigste wapen teen Covid-19.      

Read More

Somali’s, 6 miljoen van hulle, kort dringend hulp

Die Verenigde Nasies waarsku oor hongersnood in Somalië te midde van min reën, stygende voedselpryse en groot tekorte aan befondsing. ‘n Nuwe geïntegreerde voedselsekerheids-verslag het bevind 6 miljoen Somali’s staar uiterste voedsel-onsekerheid in die gesig. Adam Abdelmoula van die VN sê humanitêre organisasies het saam byna 2 miljoen mense bereik, maar bykomende fondse is nodig […]

Read More

Banyana kry pak in Nederland

Banyana Banyana se afrigter, Desiree Ellis, sê sy is tevrede met die span se algemene vertoning, al het hulle gisteraand in ‘n vriendskaplike wedstryd in Den Haag met 5-1 teen Nederland verloor. Die Nederlanders is vyfde op die wêreldranglys. Thembi Kgatlana het Suid-Afrika se enigste doel in die 24ste minuut aangeteken. Ellis sê die wedstryd […]

Read More

R5 miljoen om sprinkane in Wes-Kaap te bestry

Die departement van landbou in die Wes-Kaap het 5 miljoen rand opsy gesit om die sprinkaanplaag in die Sentraal-Karoo en die Tuinroete te bestry. Die sprinkaanswerms het onder verskeie oeste verwoesting gesaai. Aisha Peterson van die departement het die regering gevra om die voortslepende sprinkaanplaag tot nasionale ramp te verklaar.

Read More

Steeds onderbrekings in kosvoorsiening by Charlotte Maxeke-hospitaal

Die DA in Gauteng sê pasiënte by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg ly onder onderbrekings in kosvoorsiening, insluitend brood en suiwelprodukte. Jack Bloom van die DA sê volgens die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, voorsien die departement se Masakhane Kook Vries-fabriek maaltye, maar die hospitaal word dikwels meegedeel voedselvoorsiening sal op baie kort kennisgewing onderbreek […]

Read More