Net 33 van 175 grondresolusies geïmplementeer

Die Namibiese regering word daarvan beskuldig dat hy sy voete sleep met die implementering van die resolusies wat by die tweede grondkonferensie plaasgevind het. Volgens berigte is net 25 van die 175 resolusies tot dusver in werking gestel. Dit is deur die eerste minister, dr. Saara Kuugongelwa Amadhila bekend gemaak. Sy sê daar word op 133 resolusies gewerk en die res was reeds geïmplementeer. Verskeie lede van die Nama en Ovaharero gemeenskappe sê die regering vertraag doelbewus die resolusies in verband met die volksmoord en dat die bepalings dringend is omdat dit die lewenstandaard van die twee gemeenskappe kan verbeter. Voorvaderlike regte, die onteiening van kommersiële landbougrond, die huidige model van vrywillige verkoper – vrywillige koper is van die kwessies, so ook die rooilyn en stedelike grond-hervorming.