Spoorlyn na Zambië is lewensvatbaar

‘n Lewensvatbaarheidstudie wat pas voltooi is toon dat ‘n spoorlyn-verbinding tot in Zambië uiters voordelig sal wees vir Namibië. Die studie wat deur die ministerie van vervoer aangevra is en deur MR-Technofin in Moembaai, Indië uitgevoer is, toon dat die lyn, wat 770 kilometer lank sal wees, lewensvatbaar is van ‘n omgewings- en finansiële standpunt. Die doel is om mynbedrywighede op die Walvisbaai Lumbumbashi-korridor in die DRK verder te stimuleer sodat beide Zambië en die DRK die produkte deur Namport kan uitvoer. Zambië ontgin baie koper en veevoere en suiker sal ook van belang wees. Die vasteland se vryhandel-ooreenkoms sal ook bevorder word met die verbinding. Die vervoerministerie is 1 miljard Namibiese dollar in die huidige boekjaar toegeken vir die konstruksie en instandhouding van spoorlyne waarvan die Walvis-Kranzberglyn 812 miljoen dollar sal ontvang so dit nie bekend wanneer konstruksie op die lyn sal begin nie.