Somali’s, 6 miljoen van hulle, kort dringend hulp

Die Verenigde Nasies waarsku oor hongersnood in Somalië te midde van min reën, stygende voedselpryse en groot tekorte aan befondsing. ‘n Nuwe geïntegreerde voedselsekerheids-verslag het bevind 6 miljoen Somali’s staar uiterste voedsel-onsekerheid in die gesig. Adam Abdelmoula van die VN sê humanitêre organisasies het saam byna 2 miljoen mense bereik, maar bykomende fondse is nodig om almal in nood te help: