Nog ‘n skudding in Kunene, 4,6 gemeet

’n Aardbewing van 4.6 op die Richterskaal het 33 kilometer van Khorixas in die Kunene-streek omstreeks 36 minute oor 10 gisternag voorgekom. Die aardbewing is teen ‘n diepte van 10 kilometer gemeet. Die presiese omvang, episentrum en diepte van die aardbewing kan nog hersien word soos wat seismoloë data hersien en hul berekeninge verfyn, of soos ander agentskappe hul verslae uitreik. Daar word geen skade verwag nie maar inwoners sou wel die skudding gevoel het, so ver soos Outjo.