Sal jy die outjie bestel en eet?
Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, het die opwindende geleentheid gehad om Afrika se eerste gekweekte beesvleisburger ooit te proe. Dit is by die BioCiti-laboratorium in Kaapstad vervaardig. Vos sê die vleiskoekie is ‘n produk van Mzansi Vleismaatskappy, wie se doel was om ‘n manier te vind om gesonder, omgewingsvriendeliker vleis […]
Ekonomiese druk gaan lei tot strawwe vakbond-onderhandelings
Daar is altyd kommer oor arbeidsonrus tydens periodes van hoë inflasie en stygende lewenskostes. Plaaslik is daar nie volgens kenners enige noemenswaardige kommer oor burgerlike onrus nie maar, onderhandelings tussen werkgewers en vakbonde, en moontlike stakings sal moontlik verskerp word. Die plaaslike arbiedskenner Herbert Jauch stem saam maar sê onderhandelings moet deursigtig en eerlik wees.
Vragmotor met onverwerkte hout onderskep
Die Namibiese ministerie van die omgewing sê daar is oor die naweek beslag gelê op ‘n vragmotor met onverwerkte hout. Die vrag was bestem vir Suid-Afrika. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, is 1 500 planke gekonfiskeer en die vragmotor geskud en die ondersoek na die oorsprong van die hout duur voort. Daar is sedert […]
‘Ons toets plaaslik vir Bots se Omikron-variante’
Die Namibiese minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula sê daar is oorgenoeg voorraad van Covid-inentings met meer as 700 000 dosisse van ‘n verskeidenheid entstowwe wat by die sentrale mediese stoor aangehou word. Hy het ook tydens die jongste Covid perskonferensie melding gemaak van die Ba.4 en Ba.5 Omikron-variante wat in Botswana geïdentifiseer is. Hy […]
Afrikane hou eintlik baie van Putin
Terwyl die meeste Westerse lande Rusland se inval in die Oekraïne ten sterkste veroordeel het, het die res van die wêreld nie op dieselfde manier gereageer nie. Reaksies in Afrika wissel van stewige ondersteuning van die Oekraïne tot die veroordeling van NAVO se reaksie. Yanna Smith het meer.
Covid: Maatreëls bly dieselfde
President Hage Geingob het geen aanpassings aan die huidige Covid-maatreëls gemaak nie. Hy spreek die land op die oomblik toe by die 42ste perskonferensie oor Covid-19.
Repo-koers moes hoër, geen ander keuse nie
Die verhoging in die repo-koers met 25 basispunte was verwag. Op die oomblik is Suid-Afrika op 4,25 persent en omdat die Namibiese dollar en Suid-Afrikaanse rand gekoppel is, moet Namibië op dieseldfe rentekoers as die buurland wees. Ekonome voorspel verdere verhogings die jaar, veral om inflasie teen te werk, soos Jason Kasuto van Monasa Advisory […]
Namibiërs moet aptyt ontwikkel om te spaar
Die omstrede FIMA-wetgewing bly in die nuus. Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sê Namibiërs het geen aptyt om voor aftrede te spaar nie, wat ‘n las op die staat plaas om hulle na 55 te onderhou. Die wetgewing, wat nog nie finaal goedgekeur is nie, stel voor dat net 25 persent van pensioenfondse voor aftree ouderdom […]
Britte ervaar ergste inflasie in 30 jaar, Amerikaners in 40 jaar
Brittanje se jaarlikse inflasiekoers het verlede maand tot die hoogste vlak in 30 jaar gestyg toe energiepryse die hoogte ingeskiet het. Inflasie het in Maart na 7 persent gestyg vanaf 6,2 persent in Februarie. Pryse van restaurant etes en hotelkamers het ook verlede maand skerp gestyg nadat dit ‘n jaar vroeër gedaal het tydens ‘n ineenstorting weens […]
Rentekoers is op, en dis hoekom
Die Bank van Namibië het die bank terugkoopkoers met 25 basispunte opgestoot na 4,25 persent. Die goewerneur Johannes !Gawaxab het pas die aankondiging gemaak. !Gawaxab het die redes vir die verhoging so verwoord.