‘Ons toets plaaslik vir Bots se Omikron-variante’

Die Namibiese minister van gesondheid dr. Kalumbi Shangula sê daar is oorgenoeg voorraad van Covid-inentings met meer as 700 000 dosisse van ‘n verskeidenheid entstowwe wat by die sentrale mediese stoor aangehou word. Hy het ook tydens die jongste Covid perskonferensie melding gemaak van die Ba.4 en Ba.5 Omikron-variante wat in Botswana geïdentifiseer is.

Hy kon geen verdere inligting oor die inentingsertifikaat vir toelating in Suid-Afrika verskaf nie en die situasie is onveranderd.