Sal jy die outjie bestel en eet?

Die Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, het die opwindende geleentheid gehad om Afrika se eerste gekweekte beesvleisburger ooit te proe. Dit is by die BioCiti-laboratorium in Kaapstad vervaardig. Vos sê die vleiskoekie is ‘n produk van Mzansi Vleismaatskappy, wie se doel was om ‘n manier te vind om gesonder, omgewingsvriendeliker vleis te maak wat net so lekker smaak soos dié van vee wat op ‘n plaas grootgemaak is. Die vleis word uit selle gekweek met geure wat bygesit word op ‘n eetbare medium. Vos sê Kaapstad word ‘n leier in innovering: