Vragmotor met onverwerkte hout onderskep

Die Namibiese ministerie van die omgewing sê daar is oor die naweek beslag gelê op ‘n vragmotor met onverwerkte hout. Die vrag was bestem vir Suid-Afrika. Volgens die ministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, is 1 500 planke gekonfiskeer en die vragmotor geskud en die ondersoek na die oorsprong van die hout duur voort. Daar is sedert 2018 ‘n moratorium op die kap, vervoer en uitvoer van hout as gevolg van oorbenutting van die bron, veral in die verre noordooste van die land.