Namibiërs moet aptyt ontwikkel om te spaar

Die omstrede FIMA-wetgewing bly in die nuus. Die Namibiese minister van finansies Ipumbu Shiimi sê Namibiërs het geen aptyt om voor aftrede te spaar nie, wat ‘n las op die staat plaas om hulle na 55 te onderhou. Die wetgewing, wat nog nie finaal goedgekeur is nie, stel voor dat net 25 persent van pensioenfondse voor aftree ouderdom onttrek mag word. Baie Namibiërs sê die regering wil hul geld hou maar Shiimi sê die teenoorgestelde is waar. Hy sê die hoofdoel is om spaargeld op te bou en te laat groei om ‘n inkomste aan die lid te verskaf wanneer hy aftree, of andersins aan die lid se afhanklikes, indien die lid voor die vasgestelde aftreedatum sterf.  Hy voeg by dat die groot aantal werkers in die informele sektor, 57 persent van die werksmag, langtermyngevolge sal hê.