Britte ervaar ergste inflasie in 30 jaar, Amerikaners in 40 jaar

Brittanje se jaarlikse inflasiekoers het verlede maand tot die hoogste vlak in 30 jaar gestyg toe energiepryse die hoogte ingeskiet het. Inflasie het in Maart na 7 persent gestyg vanaf 6,2 persent in Februarie. Pryse van restaurant etes en hotelkamers het ook verlede maand skerp gestyg nadat dit ‘n jaar vroeër gedaal het tydens ‘n ineenstorting weens die pandemie in die Verenigde Koninkryk. Koste styg wêreldwyd namate ekonomieë heropen ná pandemie-inperkings en die oorlog in Oekraïne. Amerikaanse inflasie het oor die 12 maande tot Maart skerp gestyg tot 8,5 persent, die grootste sprong in 40 jaar.