Uganda klop Eagles met drie paaltjies
Die Uganda Kraanvoëls het die Richelieu Eagles gewen met drie paaltjies met drie balle nog oor. Uganda het die loot gewen en gekies om eerste veldwerk te doen in die laaste eendag-krieketwedstryd by die United-krieketvelde in die hoofstad. Simon Ssesazi van Uganda is as die speler van die wedstryd aangewys met sy 82 lopies aangeteken.
Buitelanders van Diepsloot vra Stigting van Menseregte om na hul lande terug te keer
Buitelanders rondom Diepsloot, Soweto, het die Stigting vir Menseregte genader sodat hulle na hul lande van herkoms gerepatrieer kan word. Dit volg te midde van die onstabiele situasie in die gebied tesame met geweld wat buitelanders teiken. Die stigting sê hy het talle oproepe om bystand ontvang ná desperate buitelandse burgers vir ondersteuning vanaf die […]
Minister van binnelandse sake maan oor reisregulasies na die VK
Daar was gevalle van Namibiërs wat na die Brittanje wou reis, maar geweier is. Vandag in die Nasionale Vergadering het die parlementêre hoofsweep van die PDM, Vipua Muharukua, die minister van binnelandse sake Albert Kawana gevra om die situasie te verduidelik, omdat van hierdie mense so ver gaan as om vliegtuigkaartjies te koop, net om […]
Vloedskade in KwaZulu-Natal beloop honderde-miljoene
Skade in vloedgeteisterde gebiede van KwaZulu-Natal sal na verwagting honderde-miljoene rand kos om te herstel. Dit is onthul tydens President Cyril Ramaphosa se besoek vandag aan gebiede in Durban wat verwoes is. Die provinsiale regering het die president vergesel om die skade te bepaal en gesinne wat geraak is te besoek. Die premier, Sihle Zikalala, […]
Trans-Zambezi-spoorwegprojek is weer in die pyplyn
Die Trans-Zambezi-spoorwegprojek is weer op koers. Namibiese owerhede wil weer minerale per spoor vanaf die Kopergordel in Zambië na Walvisbaai vervoer, en vra vir tenders vir ‘n volhoubaarheidstudie. Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Johny Smith, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hierdie projek inderdaad in die proses is om die goedkeuring vir implimentering […]
Natuurlewe-veeartseny Hospitaal sien om na die ietermagô
Die Johannesburgse Natuurlewe-veeartsenykundige Hospitaal sien om na die welstand van bedreigde ietermagôs. Die hospitaalkamer is lugverkoel om te voel soos ‘n ietermagô se grondholte. Verskeie ietermagôs word in die hospitaal behandel nadat hulle van handelaars gered is. Hulle word dan na maande van behandeling en rehabilitasie in die natuur vrygelaat. Die soogdiere is hoogs verhandelbaar weens hul skubbe […]
Joe Biden beskuldig Putin van volksmoord
Die Amerikaanse president, Joe Biden, beskuldig Vladimir Putin van volksmoord teen burgerlikes in Oekraïne. Oekraïne het humanitêre deurgange in verskeie dele van die land gesluit wat beskou word as te gevaarlik vir ontruimings. Biden se beskuldiging is gemaak terwyl dit lyk asof Moskou voorberei vir ‘n reuse-aanslag regoor Oekraïne se oostelike Donbas-gebied. Amerika waarsku chemiese wapens mag betrokke wees. In Mariupol, waar […]
Dodetal in KwaZulu Natal-vloede styg tot 253
Die dodetal in die KwaZulu Natal vloede het tot 253 opgeskiet. Die LUR vir gesondheid Nomagugu Simelane het die syfer bevestig. Die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid is bekommerd die vloede wat die provinsie tans teister sal die ekonomie negatief beïnvloed. Die Kamer se president, Nigel Ward, sê die huidige situasie is ‘n verdere […]
DA: Binnelandse sake is verantwoordelik vir xenofobiese aanvalle
Die DA-leier, John Steenhuisen, sê binnelandse sake is verantwoordelik vir die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Steenhuisen het ‘n oorsigbesoek gedoen by binnelandse sake se kantoor in Newtown, Johannesburg. Die besoek volg ná die onlangse xenofobiese voorvalle in die land. Hy sê die regering slaag nie daarin om die basiese beginsels van leierskap reg te kry […]
Oproerige passasier van vliegtuig op Eros-lughawe verwyder
‘n Vermeende dronk, oproerige passasier het vandag amok op ‘n FlyNamibia-vliegtuig gemaak en is verwyder voor die vlug vanaf die Eros-lughawe na Katima Mulilo vertrek het. Die Namibiese polisie het die man in hegtenis geneem. Die Namibiese Lughawensmaatskappy het die voorval op sy Facebook-blad bevestig. Kosmos 941. Nuus het aan die woordvoerder van die lughawensmaatskappy, […]