DA: Binnelandse sake is verantwoordelik vir xenofobiese aanvalle

Die DA-leier, John Steenhuisen, sê binnelandse sake is verantwoordelik vir die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika. Steenhuisen het ‘n oorsigbesoek gedoen by binnelandse sake se kantoor in Newtown, Johannesburg. Die besoek volg ná die onlangse xenofobiese voorvalle in die land. Hy sê die regering slaag nie daarin om die basiese beginsels van leierskap reg te kry nie.