Trans-Zambezi-spoorwegprojek is weer in die pyplyn

Die Trans-Zambezi-spoorwegprojek is weer op koers. Namibiese owerhede wil weer minerale per spoor vanaf die Kopergordel in Zambië na Walvisbaai vervoer, en vra vir tenders vir ‘n volhoubaarheidstudie. Die hoof uitvoerende beampte van TransNamib, Johny Smith, het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat hierdie projek inderdaad in die proses is om die goedkeuring vir implimentering te kry en ‘n projek van die vervoerministerie is. Smith het uitgebrei oor wat hierdie projek vir TransNamib sal beteken.