Joe Biden beskuldig Putin van volksmoord

Die Amerikaanse president, Joe Biden, beskuldig Vladimir Putin van volksmoord teen burgerlikes in Oekraïne. Oekraïne het humanitêre deurgange in verskeie dele van die land gesluit wat beskou word as te gevaarlik vir ontruimings. Biden se beskuldiging is gemaak terwyl dit lyk asof Moskou voorberei vir ‘n reuse-aanslag regoor Oekraïne se oostelike Donbas-gebied. Amerika waarsku chemiese wapens mag betrokke wees. In Mariupol, waar die aanvalle steeds neerreën op die gehawende stad, het meer as ‘n duisend Oekraïense soldate oorgegee, volgens Rusland se ministerie van verdediging.