Dodetal in KwaZulu Natal-vloede styg tot 253

Die dodetal in die KwaZulu Natal vloede het tot 253 opgeskiet. Die LUR vir gesondheid Nomagugu Simelane het die syfer bevestig. Die Durbanse Kamer van Koophandel en Nywerheid is bekommerd die vloede wat die provinsie tans teister sal die ekonomie negatief beïnvloed. Die Kamer se president, Nigel Ward, sê die huidige situasie is ‘n verdere terugslag vir die ekonomie, in ag genome die onlangse uitwerking van die Julie-onrus wat tot miljarde rand se skade gelei het, asook die