Buitelanders van Diepsloot vra Stigting van Menseregte om na hul lande terug te keer

Buitelanders rondom Diepsloot, Soweto, het die Stigting vir Menseregte genader sodat hulle na hul lande van herkoms gerepatrieer kan word. Dit volg te midde van die onstabiele situasie in die gebied tesame met geweld wat buitelanders teiken. Die stigting sê hy het talle oproepe om bystand ontvang ná desperate buitelandse burgers vir ondersteuning vanaf die internasionale gemeenskap en hul ambassades gevra het. Die stigting se programbestuurder, Sarah Motha, sê daar is ‘n paar mense in die burgerlike samelewingsektor wat die situasie ondersoek.