Paaie-fonds baas sê oor kommersiële lening
Nedbank Namibia het 350 miljoen Namibiese dollar aan die Paaiefonds-administrasie beskikbaar gestel. Die administrasie was genoodsaak om ‘n kommersiële banklening aan te gaan om lae volume grondpaaie in stand te hou. Die heersende ekonomiese toestande het ‘n negatiewe impak op die begrotings van talle staatsondernemings en die administrasie is geen uitsondering nie. Ali Ipinge die […]
Nersa sal verhore hou oor kragtariewe
Openbare verhore oor kragtariefverhogings in Suid-Afrika is ná vele kritiek weer ingestel. Nersa het vanaf 1 Julie ‘n gemiddelde verhoging van 7,47 persent vir munisipale kragtariewe voorgestel. Die owerheid is gekritiseer omdat hulle dit sonder openbare deelname gedoen het. ‘n Woordvoerder van Nersa, Charles Hlebela, sê in die verlede het amper niemand opgedaag nie:
So raak repo-koers jou paaiement
Simonis Storm het berekenings gedoen op die impak van die hoër repo-koers op lenings. Volgens die makelaarsfirma sal die rentekoers op eiendomslenings na 9 persent toe styg en enigiets van 160 dollar maandeliks op ‘n miljoen dollar lening tot amper 500 dollar maandeliks op ‘n 3 miljoen dollar lening sal byvoeg tot jou maandelikse paaiement. Vir ‘n lening […]
ABN AMRO sê jammer vir slawerny
Die derde grootste Nederlandse bank, ABN AMRO, het verskoning gevra vir sy betrokkenheid by slawerny en sê die praktyk van die 18de en 19de eeu het onbeskryflike lyding veroorsaak. Dit is een van die eerste Nederlandse private maatskappye om verskoning te vra vir sy rol in die Atlantiese slawehandel. Dit volg te midde van die […]
Swakop begin water afsny oor skuld
Die munisipaliteit van Swakopmund sal ook, nes talle ander plaaslike owerhede in die land, begin om watertoevoer af te sny aan huishoudings en besighede met uitstaande skuld. Die raad sê hy word meer as 130 miljoen dollar geskuld, op van 100 miljoen wat in Oktober verlede jaar aangeteken is en dat daar ‘n beroep gedoen […]
Minder vaartuie, meer vrag vir Namport tydens Covid
Namport se statistiek vir die 2020-2021 finansiële jaar is bekend. Daar was ‘n 25 persent afname in die hoeveelheid vaartuie wat by die hawe aangekom het met ‘n totaal 1 303 wat in die periode aangeteken is. Die owerheid sê Covid-inperkings het tot die afname gelei. Oorgrens-volumes wat deur die owerheid hanteer is het toegeneem met 39 […]
Covid: WGO het goeie nuus
Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, sê dat die laagste hoeveelheid Covid-getalle sedert die begin van die pandemie, verlede week aangemeld is, maar, dat Omikron-variante dopgehou word.
Fietsryers en die Westelike Verbypad is in die nuus
Die veiligheid van fietsryers op die Westelike Verbypad is onder die loep. Wanneer konstruksie voltooi is sal die roete as hoofweg verklaar word wat uitdagings sal bied. Axel Theissen, die President van die Namibiese Fietsry-federasie sê hulle is in gesprekke met die Paaie-owerheid om die veiligheid van fietsryers op die Westelike Verbypad te verseker.
VF+ sê niks is in plek om voor te berei op vloede nie
Die Vryheidsfront Plus het die ANC-regering gekritiseer omdat hy nie voorbereid was op die oorstromings in KwaZulu-Natal nie. Meer as 300 mense is in die rampspoedige oorstromings dood en miljarde rand se skade is aangerig. Die party-leier, Pieter Groenewald, sê die regering moet ook waaksaam bly te midde van dreigemente dat eiendomme geplunder gaan word:
Prima-uitleenkoers styg nou ook
Na die aankondiging van die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, dat die terugkoopkoers met 25 basispunte opgestoot word na 4,25 persent, word verwag dat kommersiële banke ook hul uitleenkoers met 25 basispunte gaan verhoog. Ekonoom Klause Schade sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit bring beide goeie en slegte nuus, afhangende van watter […]