Prima-uitleenkoers styg nou ook

Na die aankondiging van die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, dat die terugkoopkoers met 25 basispunte opgestoot word na 4,25 persent, word verwag dat kommersiële banke ook hul uitleenkoers met 25 basispunte gaan verhoog. Ekonoom Klause Schade sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit bring beide goeie en slegte nuus, afhangende van watter kant van die muntstuk jy is.