Voices for Choices: Namibië is agterweë met wetgewing oor haatspraak

Die stof het nog nie gaan lê oor die sanger en aktivis Steve Hofmeyr se uitlatings oor die LGBTQ+ gemeenskap nadat die SA Menseregtekommissie hom beboet het nie. In reaksie daarop het die voormalige Namibiese ombudsman, advokaat, John Walters, gesê hy stem saam dat Hofmeyr haatspraak gepleeg het, maar gesê in Namibië is nie wetgewing […]

Read More

Ramaphosa stel speaker aan as bemiddelaar tussen Rusland en Oekraïne

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, aangestel in die taakspan van die Tussen-parlementêre Unie om die konflik tussen Rusland en Oekraïne te bemiddel. Mapisa-Nqakula sal ook die Afrika Geopolitiese Groep verteenwoordig. Die wêreld-vereniging van parlemente wat bestaan uit 179 lande en 13 medewerkende lidlande, is gemagtig om vrede, […]

Read More

Brittanje gaan migrante na Rwanda stuur

Brittanje gaan kragtens ‘n omstrede ooreenkoms migrante en asielsoekers wat oor die Kanaal gekom het, na Rwanda stuur. Eerste minister Boris Johnson se regering probeer toeslaan op die rekord-aantal mense wat die gevaarlike reis onderneem. Johnson het in ‘n toespraak gesê van vandag af sal enigeen wat die Verenigde Koninkryk onwettig inkom, sowel as dié […]

Read More

N$1,4 miljoen met Kanker-appelprojek ingesamel

Ondanks die uitdagings van Covid-19, het Bank Windhoek se Kanker-appelprojek 1,4 miljoen Namibiese dollar ingesamel om die Kankervereniging van Namibië te ondersteun. Die fondse sal onderskeidelik aangewend word met 500 000 dollar vir die Nasionale Kanker-uitreikprogram en 900 000 dollar vir die Pasiënt Finansiële Bystandsprogram. Bank Windhoek se uitvoerende bemarking- en korporatiewe bemarkingsbestuurder Jacquiline Pack […]

Read More

Suid-Afrikaners kan nog kommentaar lewer oor Covid-regulasies

Die Demokratiese Alliansie het die aankondiging dat die kommentaar-periode op die aanwysings tot die Nasionale Gesondheidswet verleng is, verwelkom. Die party sê hoewel die periode nou aangepas is moet die regering dringend verslag doen oor die aantal e-posse wat deur inwoners aan die gesondheidsdepartement gestuur is, wat uitgevee is sonder dat dit gelees is. Die […]

Read More

PDM-hoofsweep: Politici gee net om vir hul plekke van herkoms

Die PDM se hoofsweep, Vipua Muharukua, het vandag in die Nasionale Vergadering politici daarvan beskuldig dat hulle aandag gee aan plekke waar hulle vandaan kom en ander gebiede ignoreer. Muharukua het ‘n voorbeeld gemaak van ‘n skoolkoshuis in die omgewing waar hy vandaan kom, en gesê as dit in ‘n gebied was waar die minister […]

Read More

Sake- en huiseienaars met versekering teen natuurrampe moet eis

Die ombud vir korttermynversekering vra sake- en huiseienaars wat versekering teen natuurrampe het en wie se eiendom in die oorstromings beskadig is, om so gou moontlik hul eise in te dien. Talle inwoners in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap het huise en sakeondernemings verloor weens die verwoestende vloede. Die ombud, Thasnim Dawood, sê natuurramp-versekering dek oorstromings. […]

Read More

Agri SA hoop besluit oor oordraagbaarheid van waterregte word gou geneem

Agri SA sê hy hoop ‘n finale besluit oor die oordraagbaarheid van waterregte sal binnekort geneem word. Die hoof van Natuurbronne by Agri SA, Janse Rabie, sê die Konstitusionele Hof het die Departement van Water en Sanitasie toestemming gegee om te appelleer teen ‘n besluit van die Appèlhof oor die oordraagbaarheid en verkoop van waterregte. Rabie sê water- en eiendomsregte […]

Read More

Netwerk stel Stassen se boek oor Dorslandtrek in Windhoek bekend

The Book Den en Protea Boekhuis stel op 27 April 2022 Dr. Nicol Stassen se nuwe boek, Van Humpata tot Upingtonia, bekend in Windhoek. Nicol Stassen doen al vir bykans twee dekades navorsing oor die Dorslandtrek en die Angola Boere. Van Humpata tot Upingtonia is die verhaal van hierdie trekkers se onverskrokke durf in die mees afgeleë dele van Suider-Afrika. Die uitvoerende beampte van […]

Read More

Frank Fredericks-stigting gee beurs aan swemmer

Die Frank Fredericks-stigting het ‘n beurs van 10 000 Namibiese dollar aan die 14-jarige swemmer Ariana Naukosho, toegeken. Sy is deel van die nasionale swemspan wat Namibië by die CANA Sone IV swemkampioenskappe wat vanaf vandag tot 17 April in Lusaka in Zambië plaasvind. Ariana het in verskeie nasionale en kontinentale toernooie in Malawi en […]

Read More