MTC Dome help straatkinders deur sport

Die Gamechangers-program by die MTC Dome het ‘n ontvlugting geword vir straatkinders in Swakopmund. Die program, wat deel is van die Authentic Entrepreneurs-program deur die MTC Dome en Swakopmund-munisipaliteit, help opkomende entrepreneurs met die nodige vaardighede om besighede te begin. Dit is in 2021 begin en staan tans ook sowat 21 straatkinders by deur sportaktiwiteite. […]

Read More

Alkoholverkope herstel

Die verkoop van alkohol in Namibië het geen beperkings meer na die streng inperkings tydens die piek van die Covid-pandemie nie. Die aanpassing van 500 mense by openbare byeenkomste vergeleke met die vorige 200 wat toegelaat is, sal ook in ‘n mate tot die herstel van die alkoholsektor lei. Horst Heimstädt van die Self-regulerende Alkohol-bedryfsforum […]

Read More

Noa hou van IPPR se integriteitsprojek

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het die week sy Integriteit Namibië veldtog van stapel gestuur wat korrupsie in die land sal aanspreek. Die klem sal gelê word op individue wat nie vervolg word nie, bloot as gevolg van hulle politieke vriende, of affiasies. Kosmos 94.1 Nuus het met Paulus Noa, die direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie […]

Read More

Olieprys daal effe na Iranese-aanbod

Oliepryse het vanoggend weer teruggesak na ‘n week van wipplank-pryse. Internasionale nuusagentskappe berig dat die vooruitsigte van ‘n ekstra aanbod van Iran wat na die mark terugkeer, swaarder geweeg as die vrese vir ‘n moontlike Russiese inval in die Oekraïne, wat die aanbod kan ontwrig. Brent het gedaal na net bo 92 Amerikaanse dollar ‘n […]

Read More

Vrou vas met 29 renosterhorings

‘n Agt-en-veertigjarige vrou is in Bedfordview in Johannesburg in hegtenis geneem na sy met 29 renosterhorings met ‘n geraamde straatwaarde van 6 miljoen Namibiese dollar betrap is. ‘n Polisiewoordvoeder, Ndivhuwo Muluma, sê dit het tydens ‘n voortgesette ondersoek gebeur wat verband hou met ‘n saak in Kemptonpark in 2021. Mulamu sê die ondersoek het die […]

Read More

Dwelms in landelike gebiede wek kommer

Die Nyime teen-stroperyeenheid, wat saam met owerhede in Namibië werk om misdaad in landelike gebiede bekamp, sê die waardeketting wat boere toepas word gebruik om verskeie dwelms en ander swartmark-items na landelike gemeenskappe te versprei. Uys Prinsloo van die eenheid sê op die oomblik is daar uitdagings met onwettige Angolese whiskey sakkies, YES-sigarette en dan […]

Read More

PDM gekant teen Namcor se verkoop van sy Recon-aandeel

Die Popular Democratic Movement het met groot kommer kennis geneem van die voorgestelde planne van die Nasionale Petroleummaatskappy van Namibië, Namcor, waarin hy ingestem het om die helfte van sy belang van die petroleum-eksplorasielisensie in die Kavango-kom aan ReconAfrica vir ‘n totale bedrag van 414 miljoen Namibiese dollar te verkoop. Die beweging se skaduminister van […]

Read More

Kaapse hawe kort ingryping

Die korporatisering van die Kaapstadse hawe is ‘n stap in die regte rigting maar meer moet gedoen word om ondernemings in die Wes-Kaap te ondersteun. Dit is die mening van Deidré Baartman van die DA. Die hawe het reeds meer as drie maande aan bedryfs-tyd verloor weens swak weerstoestande en stadige omset, wat tot gevolg […]

Read More

Nog reen voorspel in Brasilië na ramp

Nog reën word voorspel terwyl die dodetal na modderstortings en vloede in die geskiedkundige stad Petropolis in Brasilië tot sowat 117 gestyg het. Beeldmateriaal op sosiale media toon motors en huise wat in strome water straat-af dryf. Bykans 400 mense is dakloos gelaat. Meer as 180 brandbestryders en ander reddingswerkers het op die noodsituasie gereageer, […]

Read More

Rusland voeg soldate by, gebruik misleidende operasies

President Joe Biden sê ‘n Russiese aanval op Oekraïne bly ‘n baie groot bedreiging. Hy sê bykomende Russiese magte is naby Oekraïne se grens ontplooi. Hy voeg by hulle het alle rede om te glo Rusland was betrokke by ‘n misleidende operasie, ‘n mortieraanval op ‘n kleuterskool, wat Moskou wou gebruik om ‘n inval te […]

Read More