Koningin herdenk 96ste verjaardag

Koningin Elizabeth vier vandag haar 96ste verjaardag. Sy sal die dag op haar Sandringham-landgoed deurbring. Op ‘n foto wat uitgegee is om die verjaardag te herdenk, staan die koningin by haar twee ponies, Bybeck Nightingale en Bybeck Katie. Buiten die koningin se 96ste verjaardag, word nog ‘n belangrike mylpaal in die Britse monargie vanjaar gevier. Sy is die eerste monarg wat ‘n platinum-jubileum van 70 jaar op die troon vier.