Nog  suiker uitdgagings na KZN-vloede

Suiker-uitdagings sal volgens berigte in Namibië toeneem. Onlangs sou die prys met 20 persent gestyg het as gevolg van tekorte van voorraad in die SACU-gebied, in beide eSwatini en Suid-Afrika. Maar, nou het nog ‘n ramp die buurland se bedryf getref. Die Suid-Afrikaanse Suikerrietkwekersvereniging sê meer as 2 000-hektaar suikerriet het omvattende plant- en wortelskade opgedoen weens die oorstromings in KwaZulu-Natal. Hierdie skade word op 194,9 miljoen Suid-Afrikaanse rand beraam. Plaasinfrastruktuur ter waarde van 27,9 miljoen rand is ook vernietig wat die totale verliese op 222,9 miljoen rand te staan bring. Die vereniging se uitvoerende hoof, Thomas Funke, sê hierdie rampspoedige skade volg nadat baie suikerrietkwekers pas begin herstel het na verlede jaar se onluste.