Tabak is g’n twak in Zim nie

Tabakproduksie het nes talle ander kommoditeite, ook in Zimbabwe gesukkel met onvoorspelbare weerstoestande. Die buurland het ook erge, swaar reën met verlengde droë periodes beleef. Tabak-oeste begin weer, na ‘n geruime tydperk, om ‘n belangrike oes vir Zimbabwe te wees en volgens Deon Theron, voormalige president van die land se kommersiële landbou-unie, is daar hoop dat daar ‘n goeie oes sal wees.