Al is stelsel stukkend, is Von Bach okei

Ná die goeie reënval in Namibië, en veral die omliggende gebiede van Windhoek, blyk dit die hoofstad het nie meer ‘n waterkrisis nie. Volgens die jongste dambulletin van NamWater is die Swakoppoortdam 98,1 persent vol, maar die Von Bachdam is 52,9 persent vol. Water kan op die oomblik nie oorgepomp word vanaf Swakoppoort na Von […]

Read More

Tien maande vir gesteelde koedoe

Twee Namibiese mans is in die Gobabis-landdroshof tot tien maande tronkstraf of ‘n boete van 3 500 Namibiese dollar gevonnis nadat hulle ‘n koedoe onwettig gejag het. Die 38-jarige Laurance Khuxab en 34-jarige Joseph Utave is volgens die Namibiese wildmisdaadverslag skuldig bevind en vandeesweek gevonnis nadat hulle op 10 Februarie die koedoe onwettig gejag het. 

Read More

Yslike sanksies teen Rusland, Zelensky ruk hom op

Die Amerikaanse president, Joe Biden het die eerste stel finansiële sanksies teen Rusland aangekondig. Dit volg nadat Rusland twee selfverklaarde republieke, Donetsk en Luhansk, in die ooste van Oekraïne erken en soldate daarheen gestuur het. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het op sy beurt gedreig om diplomatieke bande met Rusland te verbreek. Amerika het volle […]

Read More

Wêreldrugby opgewonde oor onder-20 terugkeer

Die voorsitter van Wêreldrugby, Bill Beaumont, sê die terugkeer van die Wêreld-onder-20-kampioenskap en die Wêreld-onder-20-trofee volgende jaar is opwindend. Dit volg na drie agtereenvolgende jare sonder wêreldwye toernooie vir ouderdomsgroepe weens die Covid-19-pandemie. Sedert die eerste kampioenskap in Wallis in 2008, het 28 spelers wat aan die toernooi deelgeneem het, ook Wêreldbeker-sukses behaal, insluitend die […]

Read More

Stad Tshwane samel R500 miljoen agterstallige skuld in

Die Stad Tshwane sê die Tshwane Ya Tima-veldtog was sover suksesvol, want 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand se skuld is betaal. Die stad se woordvoerder, Sipho Stuurman, sê altesaam 1 061 rekeninge is afgesny en dit sluit in 533 regeringsrekeninge en 528 sakeondernemings. Sowat 335 agterstallige kliënte het intussen hulle rekeninge betaal. Stuurman sê die stad […]

Read More

Nasionale Verbruikerskommissie maan oor aanlyn slenters

Die Nasionale Verbruikerskommissie het verbruikers gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle aanlyn transaksies met vreemdelinge aangaan. Volgens die kommissie is aanlyn slenters die grootste uitdaging waarmee die aanlyn advertensiebedryf te doen het. Die kommissie se woordvoerder, Phetho Ntaba, sê dit is jammer die platform word deur swendelaars en bedrieërs oorheers. Ntaba het verbruikers […]

Read More

SA burgerregte- en sakegroepe maak stemme dik oor begrotingsrede

Baie van Suid Afrika se burgerregte- en sake-groepe het hul stemme dik gemaak vir verandering aan verskeie van die land se finansiële regulasies voor die jaarlikse begrotingsrede. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, lewer die week sy begrotingsrede in Kaapstad. Fritz Platt, ons korrespondent in Kaapstad, vertel meer …

Read More

Klasse vir graad 12-leerders van NSSCAS begin volgende week

Die Namibiese onderwysministerie het aangekondig dat die graad 12-leerders van die Namibië Nasionale Senior Sekondêre Sertifikaat Gevorderde Vlak van 2022 volgende Maandag met klasse begin. Die uitvoerende direkteur in die onderwysminsiterie, Sanet Steenkamp, sê die leerders se plasings by skole vind vandeesweek plaas. Leerders wat nog nie bevestiging van hul plasing gekry het nie, moet […]

Read More

Namibiese inligtingsminister woon Afrika Digitale Finansieringsberaad by

Die Namibiese inligtingsminister, dr. Peya Mushelenga, het vandag in Nairobi in Kenia die tweede Afrika Digitale Finansieringsberaad bygewoon. Hy het gesê doelbewuste finansiële strategieë moet in samewerking met die private sektor aanvaar word om die jeug in gedigitaliseerde finansiële dienste en ekonomie in ontwikkelende lande in te sluit. Hy sê die beleide moet voorsiening maak […]

Read More

Burgemeester van Stad Windhoek stel huweliksregte in tronke voor

Die burgemeester van Stad Windhoek, Sade Gawanas, het op sosiale media voorgestel dat huweliksregte in Namibiese tronke gewettig moet word. Die burgemeester het gesê as daar so ‘n wet is, moet dit geïmplementeer word. Sy het verder gesê mans word seksueel misbruik en gefrustreerd in ons tronke. Kosmos 94.1 Nuus het aan Sam Shaalulange, hoof […]

Read More