Spaanse tiener dring deur na tennis se top-10

Tennis: Die Spaanse tiener, Carlos Alcaraz, het deurgedring na die top-tien in die spel toe hy in sy vaderland die Barcelona Ope-titel ingepalm het. Die 18-jarige skuif twee plekke op na nommer nege, nadat hy sy landgenoot Pablo Carreño Busta in skoon stelle geklop het. Novak Djokovic van Serwië is steeds bo-aan die ranglys, gevolg deur Daniil Medvedev van Rusland, die Duitser Alexander Zverev en die Spaanse ster Rafael Nadal. Lloyd Harris van Suid-Afrika het een posisie verbeter tot 39ste, nadat hy in Barcelona weens rugspasmas in die ronde van 16 onttrek het.